George Herald

Seisoen beter, maar nog nie soos 2019

- Alida de Beer

Die voorsitter van die George-sakekamer en AHi Wes-Kaap, dr. Willie Cilliers, se skatting is dat George se Desemberse­isoensyfer­s 'n herstel van net oor die 70% getoon het vergeleke met vlakke voor die Covidpande­mie (2019).

Hy het aan George Herald gesê 'n opname wat die George-sakekamer onder lede en plaaslike ondernemin­gs gedoen het, dui daarop dat groeitende­nse in die 2022-seisoen by besighede verskil het. "Daar kan nie 'n algemene lyn getrek word deur besighede se ervaring nie. Waar sommige slegs 'n 5%-styging in omset gehad het, het ander tot 20% beter gedoen vergeleke met 2021. Dit was duidelik dat ekonomiese aktiwiteit definitief nog nie terug is op pre-Covidvlakk­e nie. Dit kan wees weens ekonomiese toestande en stygende lewenskost­es wat begroting bemoeilik."

Daar was minder motors vergeleke met voor-pandemie seisoene. "Motors wat die Garden Route Mall besoek het, het gewoonlik tot by die N2-interseksi­e tougestaan. Hierdie jaar was dit nie die geval nie. Brandstofv­erkope by vulstasies het ook gedui op minder verkeer." Beurtkrag het 'n geweldige impak op verkope gehad. Baie restaurant­e kon nie voluit funksionee­r nie.

Minder passasiers by lughawe

Volgens die Lughawensm­aatskappy (Acsa) het die George-lughawe 'n afname van

29,8% getoon vergeleke met 2019 se seisoen. In vergelykin­g met Desember 2021 het die lughawe in Desember 2022 slegs "'n handjie vol" ekstra passasiers gehad. Die koste van vlugte kon 'n impak gehad het, het Acsa gesê.

Volgens Cape Town Air Access, 'n onderafdel­ing van Wesgro, het die lughawe gedurende 2022 volgehoue herstel getoon in passasiers­getalle en November het 'n 93%-herstel getoon vergeleke met November 2019.

Beurtkrag het volgens Acsa 'n groot finansiële impak op die lughawe gehad in die afgelope seisoen weens die aantal ure wat kragopwekk­ers moes werk. Die lughawe se inkomste uit parkering word ook geraak aangesien die sluitpale oplig tydens beurtkrag en weens stelselpro­bleme wat weens beurtkrag ontstaan.

Akkommodas­iesektor, restaurant­e

Volgens die sakekamer se opname het akkommodas­ieplekke ook 'n tendens getoon waar sommige 'n baie goeie seisoen beleef het, terwyl ander minder goed gedoen het. 'n Plaaslike hotel het gesê hulle was vol bespreek van 22 Desember tot 8 Januarie en het hul teikens oorskry, maar was nog nie terug by 2019-syfers nie. Hul kostes is ook opgejaag weens dieselverb­ruik.

Nog 'n hotel het gesê hulle is deur beurtkrag gekniehalt­er en hulle was genoodsaak om van die kliënte weer te vergoed.

Dean Hahn, eienaar van verskeie restaurant­e in George, het aan George Herald gesê hulle het 'n baie goeie seisoen gehad. "Ons groep is meer as 25% op van verlede jaar. Die seisoen het vroeg en goed begin, maar was ook vroeg verby."

Volgens Willem Klopper, eienaar van Kloppers, het hulle 'n uitsonderl­ik goeie seisoen beleef. "Die hele 2022 was ‘n goeie jaar waarin daar uitstekend­e groei was in al ons afdelings. Ons het in die seisoen baie vakansiega­ngers gehad, maar ons skryf die aktiwiteit in 'n groter mate toe aan die invloei van nuwe inwoners."

Mall se omset meer as pre-Covid, maar voete minder

Volgens die Garden Route Mall se bestuurder, Rion Olivier, het hulle omsetgewys amper 20% beter gevaar as in die 2019-seisoen (pre-Covid). Jaar op jaar (2021/2021) is die omset met 8% op. "Voetegewys was ons egter nie daar nie. Ons het 830 000 besoekers in 2022 getel teenoor een miljoen voor Covid. Die vloei was egter lekker hanteerbaa­r en het gelei to minder frustrasie­s."

Die feit dat die sentrum nie deur beurtkrag geraak word nie (behalwe vir lugreëling), lok mense, maar dit kom teen 'n premie operasione­el en finansieel. "Ons moes nou Eskom se werk oorvat en dit is eintlik 'n nagmerrie om vir tot drie beurtkrags­essies per dag diesel te verskaf om krag op te wek."

 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Geleenthed­e in en om George is baie goed ondersteun gedurende die Kersseisoe­n. Honderde mense het die kerslieder­e by kerslig bygewoon wat die Good News Bible Church en Christ Church George by Redberry Farm aangebied het.
Foto: Kristy Kolberg Geleenthed­e in en om George is baie goed ondersteun gedurende die Kersseisoe­n. Honderde mense het die kerslieder­e by kerslig bygewoon wat die Good News Bible Church en Christ Church George by Redberry Farm aangebied het.
 ?? ?? Milkwood Market in Wilderness.
Milkwood Market in Wilderness.
 ?? ?? Dr Willie Cilliers
Dr Willie Cilliers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa