George Herald

Beskuldigd­e maak oogkontak met ma

- Michelle Pienaar

Rodney Witbooi (33) wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou knap voor Kersfees vermoor het, het verlede Donderdag, 12 Januarie, weer in die Georgeland­droshof verskyn. Witbooi staan tereg op die moord van Soneé Witbooi, wat in die vroeë oggendure van Dinsdag 21 Desember met 'n kapmes aangeval is.

Die oorledene se ma, Charmaine le Roux, en ander nabye familieled­e het verlede week die hofverrigt­inge bygewoon. Die beskuldigd­e het vir 'n oomblik met hulle oogkontak gemaak toe hy van die selle na die hofsaal gelei is.

Die voorval het plaasgevin­d in die oorledene se ouerhuis in Loeriepark, waar die Witbooi-egpaar in 'n woonstel op die perseel gewoon het. Die oorledene en haar suster, wat op daardie stadium in die woonhuis was, is na bewering met 'n panga aangeval. Soneé is op die toneel dood verklaar, terwyl haar suster ernstige wonde opgedoen het.

Witbooi se regsvertee­nwoordiger van Legal Aid het aangedui dat hy nie vir borgtog gaan aansoek doen nie. Daar is wel 'n versoek aan die landdros gerig vir 'n voorskrif vir spesiale oogdruppel­s, wat blykbaar steeds in die Loeriepark-huis is. Witbooi se regsvertee­nwoordiger het gevra dat die ondersoekb­eampte die voorskrif vir hom na die tronk toe sal neem.

Witbooi se volgende verskyning is op Donderdag 2 Maart. Die hof wag intussen vir verslae ten opsigte van die moordonder­soek, forensiese afdeling, getuieniss­e en foto's van die misdaadton­eel. Landdros Bisschoff hoor die saak aan en die staatsaank­laer is Eric Mtyhobile.

'n Ma in rou

Charmaine le Roux het na die hofverrigt­inge vertel wat haar laaste woorde aan haar skoonseun was, voor haar kind se dood. "Ek het Sondag 19 Desember op

'n bus geklim om vir my oudste dogter in Noordwes te gaan kuier. Rodney was ook daar om my af te sien. Ek het vir hom gesê: 'Moenie dat ek enige nonsens van jou hoor nie.' Twee dae later moes ek hoor hy het my kind vermoor."

Volgens Le Roux was die huwelik reeds wankelrig en is Soneé verskeie kere deur haar man met die dood gedreig. "Sy sou 'n interdik teen hom die dag van haar dood by die hof gaan afhaal het. Sy het vir haar lewe gevrees," het Le Roux gesê.

"Die aand voor haar dood het ek die hele nag met haar en haar sussie oor die foon gesels. Hulle was baie benoud nadat daar reeds die vorige dag 'n gewelddadi­ge voorval by die huis was, waartydens Rodney hulle met 'n mes aangeval het. Hulle het die huis gesluit, maar hy het by een van die vensters ingebreek en sy modderskoe­ne in my hangkas gelos. Hy het vir my gewag om te gaan voordat hy sy plan uitgevoer het. Daar was nog 'n prys op die panga waarmee hy my kinders aangeval het."

Volgens Charmaine gaan dit beter met haar ander dogter. "Jy weet, hulle was eintlik ‘n tweeling, maar presies een jaar uitmekaar. Hulle verjaar albei op 28 Januarie, maar presies 12 maande uit mekaar. Hulle was altyd saam, het alles saam gedoen. My dogter is geweldig getraumati­seerd."

 ?? ?? Soneé Witbooi (nèè Le Roux) sou Saterdag, 28 Januarie, haar 29ste verjaarsda­g saam met haar jonger suster vier. Beide sussies verjaar op dieselfde dag.
Soneé Witbooi (nèè Le Roux) sou Saterdag, 28 Januarie, haar 29ste verjaarsda­g saam met haar jonger suster vier. Beide sussies verjaar op dieselfde dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa