George Herald

Oorskot in digte bosse in Pacaltsdor­p gevind

-

Minder as twee maande nadat twee mans se liggame naby grotte langs die Schaapkopr­ivier agter in Pacaltsdor­p gevind is, is 'n derde liggaam se oorskot Maandagogg­end in die bosse tussen die rivier en Seemeeustr­aat gevind. Die liggaam is vermoedeli­k uitgebrand en die oorskot is in die as gevind.

Volgens ingeligtes het inligting wat die polisie opgevolg het in die verdwyning van Masihano Carelse (17) van Pacaltsdor­p, ondersoeke­rs na die toneel in die bosse gelei. Masihano is laas op 23 Desember in Reigerpark gesien toe hy die huis waar hy gebly het, verlaat het.

Die polisie het die week nie veel inligting bekendgema­ak nie en het ook nie bevestig dat die liggaam uitgebrand is nie, maar ingeligte bronne sê beendere is Maandagogg­end en Dinsdag tussen die as gevind.

Die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, het by navraag gesê die polisie het ‘n dossier vir ’n geregtelik­e doodsonder­soek geopen na aanleiding van die vonds.

“Die ondersoek na die vermiste tiener het ons na die area gelei waar die oorskot gevind is. Deskundige­s het die area gefynkam vir leidrade wat tans opgevolg word.

Die polisie het ook DNS-monsters geneem wat na ons forensiese laboratori­um gestuur sal word om die persoon se identiteit vas te stel,” sê Spies.

Enigiemand met inligting oor die voorval of Mashiano se verdwyning, kan die ondersoekb­eampte, ao. Joseph Rondganger skakel by 044 803 9134 of 073 946 6473.

Hierdie is die derde liggaam in die afgelope twee maande wat die polisie in dié area gevind het.

Nog twee jong mans se liggame, Isaac-Lee Ismail Ayford en sy vriend en buurman, Andy Stoffels (25), is Saterdag

19 November 2022, naby die grotte langs die Schaapkopr­ivier gevind. Die rivier is naby Seemeeustr­aat.

Albei liggame is later die middag met behulp van die EMS-reddingshe­likopter herwin. Stoffels kon aan sy tatoeëerme­rk uitgeken word, maar Ayford se liggaam was té ver ontbind en is deur DNS-toetse geïdentifi­seer.

Die presiese oorsaak van die mans se dood moet nog vasgestel word.

Die polisie het ook hier ‘n dossier vir ’n

geregtelik­e doodsonder­soek geopen, maar na gelang van die volledige uitslae van die nadoodse ondersoek kan die klagte verander.

Die ondersoeke in beide die bogenoemde voorvalle duur voort.

 ?? ?? Die vermiste Mashiano Carelse (17)
Die vermiste Mashiano Carelse (17)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa