George Herald

Brouwerk ergste nagmerrie vir enige buurman

- Michelle Pienaar

Elke dan en wan sit huiseienaa­rs met 'n dilemma wat nie so eenvoudig is om op te los nie. Die bure het gebou, maar dis oor die grenslyn. In sommige gevalle kan so 'n blaps toegeskryf word aan onkunde, of 'n misverstan­d. In ander gevalle is mense eenvoudig net aspris.

George Herald is onlangs genader met 'n geval waar die eienaar van 'n eiendom in New Dawn Park uitgevind het dat die bure jare gelede met hul aanbouings bo-oor die grenslyn gebou het. Die klaer woon self uitstedig en het die eiendom van sy broer geërf. Toe hy wou aanbou het hy egter besef waar David die wortels gegrawe het.

Die frustrasie wat met so 'n ontdekking te paard gaan plaas onnodige stres op enige huiseienaa­r. Ook vir die bure, wat natuurlik nou die proses moet meemaak om 'n stuk van hul huis af te breek en weer aansoek doen vir ander aanbouings.

Die saga in New Dawn Park is nog nie verby nie. Luidens terugvoer van

Lauren Waring, munisipale direkteur van beplanning, het die departemen­t na oorlegpleg­ing met die regsafdeli­ng ooreengeko­m dat, indien die onwettige bouers se nuwe bouplanaan­soek aan al die tegniese vereistes voldoen, dit goedgekeur moet word met die voorwaarde dat die onwettige struktuur gesloop sal word wanneer die formele struktuur waarvoor aansoek gedoen word, voltooi is. Dit moet gebeur voor die sertifikaa­t van okkupasie uitgereik word.

"Dit was nie 'n besluit wat ligtelik geneem is nie," het Waring gesê, maar met inagneming van die geskiedeni­s van die eiendom (die feit dat die situasie al 'n aantal jare heers) voorsien die munisipali­teit nie dat enige hof 'n sloping sal beveel nie, aangesien die ander party bereid is om te sloop. 'n Hof sal hulle eerder toelaat om te sloop, om aan die vereistes te voldoen."

Volgens Waring verwag die klaer van die munisipali­teit om regstappe namens hom te neem. "Die koste hiervan sal uiteindeli­k 'n vermorsing van belastingb­etalers se geld tot gevolg hê. Die klaer het steeds die geleenthei­d om voort te gaan met siviele aksie onafhankli­k van die munisipale proses, sou hy dit sou wou doen."

Is daar 'n tydperk waarna 'n mens nie veel kan doen aan onwettige bouwerk nie? Antwoord: Die munisipali­teit sal dadelik uitgaan en ondersoek instel, maar die tydraamwer­ke hang af van die aard van die oortreding en die reaksie van die oortreder.

Hoe verloop die prosesse? Antwoord:

Die munisipali­teit doen 'n ondersoek en indien nodig reik hulle 'n kennisgewi­ng uit om die persone te verplig om aan die vereistes te voldoen. Indien hulle nie binne die tydraamwer­ke wat gegee is voldoen nie (7 tot 30 dae, afhangende van die saak), reik die munisipali­teit 'n tweede kennisgewi­ng uit. As hulle steeds nie daaraan voldoen nie, kan die munisipali­teit besluit om regstappe te neem, hoewel daar verkies word om die saak op ander maniere te probeer oplos. Dit is moeilik om die lengte van die regsproses te skat, want die hof neem die besluit.

Is dit wys om jou bure te konfrontee­r? Antwoord:

Dit kan dalk help om met die bure te gesels om ‘n oplossing vir die probleem te kry.

Watter regte het die oortreders? Antwoord:

te word.

Vrae oor brouwerk

Om ingevolge die wet behandel

 ?? ?? Die saga in New Dawn Park is nog nie verby nie. Munisipale prosesse neem ‘n tyd, veral as die brouwerk jare gelede plaasgevin­d het. Die grenslyn loop deur die helfte van die aanbouings op die erf in die middel van die foto.
Die saga in New Dawn Park is nog nie verby nie. Munisipale prosesse neem ‘n tyd, veral as die brouwerk jare gelede plaasgevin­d het. Die grenslyn loop deur die helfte van die aanbouings op die erf in die middel van die foto.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa