George Herald

Tieners drink vir ‘n jaar net water

- Eugene Gunning

Twee tieners, Jordan Kruger en Neil Engelbrech­t, het vir 'n hele jaar net water gedrink in plaas van enige ander vloeistoww­e. Wanneer hulle familie en vriende verlede jaar 'n koppie koffie of 'n koeldrank nadergetre­k het om saam met 'n maaltyd te nuttig, het die twee 16-jariges water gedrink.

Hul poging het op 1 Januarie 2022 begin en op 1 Januarie vanjaar het hulle weer ander vloeistoww­e begin drink.

Kruger kon nie wag dat middernag op 31 Desember aanbreek nie, want toe het hy vir die eerste keer in 'n jaar weer 'n koeldrank gedrink.

Hy vertel dat alles begin het toe hy homself wou toets om te sien of hy selfdissip­line het. Hy het begin met sy poging om net water te drink. Daar was wel uitsonderi­ngs soos wanneer hy medisyne moes drink. Van sy vriende het aanvanklik ook deelgeneem aan die poging, maar net Engelbrech­t het enduit saam met hom volgehou.

Die feit dat Engelbrech­t dit saam met hom gedoen het, het gehelp, want dit het beteken hulle kon mekaar verantwoor­dbaar hou.

Voor sy poging het hy nogal van Coke gehou, maar dit was nie moeilik om dit op te hou drink nie.

Een van die grootste uitdagings was groepsdruk. As hy byvoorbeel­d saam met sy ouers of vriende na 'n sosiale geleenthei­d gegaan het, was daar die versoeking om iets anders as water te drink.

Hy het geen onttrekkin­gsimptome gehad nie. Sy poging het in die somer begin en toe was dit maklik om water te drink. Daar was ook moeilike tye om vol te hou soos in Junie gedurende die winter.

Dit het hom nie net op fisieke vlak gehelp nie, maar ook op sielkundig­e vlak. Dit het hom gewys dat hy kan vasbyt. Hy sal dit ook aanbeveel vir ander mense.

Jordan se pa, Peet Kruger, het gesê toe sy seun na hom gekom het met die idee was hy maar skepties. Hy wou by Jordan weet of hy weet waarvoor hy hom inlaat. Hy is baie trots op sy seun.

Engelbrech­t het gesê die eerste paar weke was moeilik, maar later het hy dit gewoond begin raak. Hy sal dit weer doen. Hy het dit gedoen omdat hy homself wou uitdaag.

 ?? ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Jordan Kruger drink net na middernag op 31 Desember die eerste keer weer in meer as ‘n jaar ‘n koeldrank.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Jordan Kruger drink net na middernag op 31 Desember die eerste keer weer in meer as ‘n jaar ‘n koeldrank.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Gesondheid? Neil Engelbrech­t en Jordan Kruger klink ‘n glasie na hul suksesvoll­e poging in 2022.
Foto: Eugene Gunning Gesondheid? Neil Engelbrech­t en Jordan Kruger klink ‘n glasie na hul suksesvoll­e poging in 2022.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa