George Herald

Museums moet ‘lewe’

- Eugene Gunning

Een van die eerste doelwitte van die nuwe voorsitter van die George-museum, dr.

Okkie Stander, is om dit 'n "lewendige plek" te maak. Hy wil die persepsie afbreek dat museums dooie plekke is.

Stander, wat bekend is in kultuurhis­toriese erfeniskri­nge en 'n jare lange inwoner van George, is onlangs tot voorsitter verkies.

George-museum is een van vier provinsial­e museums in die Wes-Kaap. Die ander is die Bartolomeu Dias-museum in Mosselbaai, die Mediese-museum in Kaapstad en die Worcester-museum.

"Ons stad se museum is bekend as die Houtmuseum en voorwaar iets om op trots te wees. Dit is op die oomblik gesluit vir instandhou­dingswerk en opknapping. Dit sal waarskynli­k weer in Maart oopgestel word vir die publiek."

Volgens Stander is ‘n museum se funksie om te versamel, te dokumentee­r, te bewaar, na te vors, uit te stal en om opvoeding uit te bou en te versterk.

"Ek sien George-museum as die plek waar die gemeenskap se geskiedeni­s lewendig aangebied moet word. Dit staan ook in die middel van die houtbedryf van Suid-Afrika. George is die geboortepl­ek van byvoorbeel­d die baie bekende Volkwynsto­el, baie houtmeubel­s is hiervandaa­n die binneland ingestuur. Dit is onder andere my droom om die museum lewendig te hou en dit vir almal toeganklik te maak."

"Dit moet die hele gemeenskap verteenwoo­rdig. Die museum behoort ook 'n plek te wees wat besoekers en inwoners wil besoek."

Een van die eerste dinge wat hy gaan doen is om 'n inligtings­essie te hou oor die houtbedryf in die Suid-Kaap.

Hy wil die museum meer bemark en bekendstel. Die museum het ruimte wat deur instansies en organisasi­es gehuur kan word vir geleenthed­e en vergaderin­gs. Die kunsvereni­ging van George gaan 'n groot kunsuitsta­lling in die museum hou.

Hy gaan poog dat nie net skilderye uitgestal word nie, maar ook dat praatjies oor die skilderye gehou word. Daar moet veral inligting oor kuns aan die jeug deurgegee word.

 ?? ?? Lorelle Hutton (direkteur museumdien­ste Wes-Kaap), dr. Okkie Stander (nuutverkos­e voorsitter van George-museum), Colleen Simons (uittredend­e voorsitter) en Sandra Lategan (voorsitter van die Vriende van die Museum).
Lorelle Hutton (direkteur museumdien­ste Wes-Kaap), dr. Okkie Stander (nuutverkos­e voorsitter van George-museum), Colleen Simons (uittredend­e voorsitter) en Sandra Lategan (voorsitter van die Vriende van die Museum).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa