George Herald

Geesdrif vir gr. 1

- Eugene Gunning

Nie eers reën en beurtkrag kon gister, Woensdag 18 Januarie, die geesdrif demp toe talle graadeentj­ies vir hul eerste skooldag opgedaag het nie. Vir talle was dit nie so 'n vreemde ervaring nie want hulle het reeds 'n voorsmakie van skool in gr. R gehad.

George Voorbereid­ingskool

By George Voorbereid­ingskool het ouers en hul kinders reeds van voor 07:00 by die skool se hekke opgedaag.

Hulle is deur onder meer Lokkie Fourie, die skoolhoof en ander opvoeders welkom geheet.

Sy het gesê daar is sover 835 leerlinge by die skool ingeskryf en hulle is baie opgewonde oor wat wag.

Tertuis Simmers, WesKaapse minister van menslike nedersetti­ngs en sy eggenoot, Monique, het hul seuntjie Alexander (7) skool toe gebring. Hulle was saam met Alexander opgewonde oor die volgende hoofstuk in sy lewe. Een van sy oupas het ook saamgekom.

RW van Aswegen (7) was een van die eerste graadeentj­ies wat opgedaag het. Hy wil eendag 'n dieredokte­r word.

Laerskool Denneoord

By Laerskool Denneoord moes die hoof, Herman du Plessis, behoorlik bontstaan om seker te maak dat alles reg verloop. Die kinders en ouers is vroeg gisterogge­nd tydens 'n spesiale seremonie verwelkom.

Die skool is vanjaar 60 jaar oud en groot feesvierin­ge word beplan.

St. Mary’s Primêr

By St. Mary’s Primêr het Olga Tyatya met haar dogtertjie Iviwe (6) opgedaag. Sy was bietjie emosioneel, dit is haar laaste kind wat haar skoolloopb­aan begin.

Sibusiso Lubibiso het sy dogtertjie Minenentle (6) na Hibernia Primêr geneem. Sy was bietjie skaam en het gesê sy is nie bang vir skool nie. Sy is opgewonde en wil eendag 'n dokter word. Sy is lief vir haar vriende.

 ?? ?? Johan en Lizelle van der Westhuizen het hul seuntjie Dawid (6) na George Voorbereid­ingskool geneem. Hier is hulle saam met Bytjie, die skool se gelukbring­er.
Johan en Lizelle van der Westhuizen het hul seuntjie Dawid (6) na George Voorbereid­ingskool geneem. Hier is hulle saam met Bytjie, die skool se gelukbring­er.
 ?? ?? Monique en Tertuis Simmers saam met hul seuntjie Alexander (7) by George Voorbereid­ingskool. Tertuis is die Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs.
Monique en Tertuis Simmers saam met hul seuntjie Alexander (7) by George Voorbereid­ingskool. Tertuis is die Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs.
 ?? ?? Herman du Plessis, hoof van Laerskool Denneoord heet Lorrian Tromp (7) welkom. By haar is haar ouers Lorrene en Riaan.
Herman du Plessis, hoof van Laerskool Denneoord heet Lorrian Tromp (7) welkom. By haar is haar ouers Lorrene en Riaan.
 ?? Fotos: Eugene Gunning ?? Sibusiso Lubibiso het sy dogtertjie Minenentle (6) na Hibernia Primêr geneem.
Fotos: Eugene Gunning Sibusiso Lubibiso het sy dogtertjie Minenentle (6) na Hibernia Primêr geneem.
 ?? ?? Mikail Potts (6) saam met sy ouers Marchell en Chantall by George Voorbereid­ingskool.
Mikail Potts (6) saam met sy ouers Marchell en Chantall by George Voorbereid­ingskool.
 ?? ?? By St. Mary’s Primér het Olga Tyatya met haar dogtertjie Iviwe (6) opgedaag.
By St. Mary’s Primér het Olga Tyatya met haar dogtertjie Iviwe (6) opgedaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa