George Herald

Vrouegroep maak lewe meer sonnig

-

Die Engelse gesegde, "If you strike a woman, you strike a rock", kan nie genoeg verkondig word nie. So voel die Sunshine Girls, 'n groep dames van George, wat bymekaar kom om 'n susterskap te vorm wat verder strek as net die persoonlik­e kringe waarin hulle rondbeweeg.

Die groep is in 2018 deur Marelize

Andrews (32), 'n ma van drie en 'n voltydse huisvrou van Conville, gestig. In haar persoonlik­e lewe het Marelize talle traumaties­e ervaringe gehad en dit het haar aangespoor om 'n groep vir vroue te stig om hulle te bemagtig.

"Die Sunshine Girls is 'n groep vir enige vrou wat 'n plek soek om te hoort en 'n storie het om te vertel," vertel Andrews. Sy vertel voorts die groep bestaan uit 30 dames wat uit verskillen­de agtergrond­e kom. Maar wanneer hulle bymekaar kom en om een tafel sit en hul seer en gesellige oomblikke met mekaar deel, besef hulle dat hulle almal eintlik eenders is.

"Wat ons so geheg maak aan mekaar, is die feit dat ons almal gebroke is. Nie een van ons is volmaak nie. En weens die susterskap wat ons in mekaar het, is ons altyd slaggereed om mekaar in moeilike tye te ondersteun. Want dis wat vroue moet doen: Hulle moet mekaar omhels en oplig om die beste weergawe van hulself te wees en nie mekaar afbreek nie," beklemtoon sy.

Die groep gaan gereeld op uitstappie­s en wegbreke om die gejaagheid van hul daaglikse lewens te ontsnap en om net te ontspan. Volgens Marelize is daar baie vroue in die groep wat nooit tyd het vir hulself nie, en dis belangrik dat wanneer hulle op die uitstappie­s en wegbreke gaan dat hulle moet vergeet van alles wat by die huis aangaan en net moet ontspan.

In 2022 het die groep drie lede aan die dood afgestaan, waarvan een aan hartversak­ing en twee aan kanker gesterf het. "Dit was moeilik om die dames te verloor; ons het geheg geraak aan hulle, want ons word uiteraard soos familie vir mekaar, maar dis belangrik dat ons die nalatenska­p van die groep na verdere hoogtes neem ter nagedagten­is van hulle," het Andrews vertel.

Daar is duidelik nog groot planne op die horison vir die Sunshine Girls, en een ding is seker: Dié dames in hul geel T-hemde en vlootblou sweetpakke maak seker dat hulle die lewe voluit geniet.

Die Sunshine Girls is ‘n groep vir enige vrou wat ‘n plek soek om te hoort en ‘n storie het om te vertel.

 ?? ?? Die Sunshine Girls leef voluit en deel voluit.
Die Sunshine Girls leef voluit en deel voluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa