George Herald

Suid-Kaap Kinderkoor slaggereed vir 2023!

-

Ná twee jaar van stilte, is die Suid-Kaap Kinderkoor (SKKK), onder leiding van Jan-Erik Swart, weer op dreef om die wêreld met sy besondere klank en musikale energie te bekoor.

Die SKKK het op Saterdag 14 Januarie vir sy eerste oefensessi­e van die jaar by die NG Moedergeme­ente se saal, in George, vergader.

Koorlede van Stilbaai, Ladismith, Mosselbaai, Hartenbos, George en Knysna het twintig nuwe lede, onder andere van Laerskool GeorgeSuid en Laerskool Wesbank, in Oudtshoorn, welkom geheet en ongeveer 15 liedere vir die eerste keer aangeleer.

Die koor, wat tans die 214de posisie op die wêreldrang­lys van beste 1 000 kore beklee, beoog om vanjaar 'n KKNK-produksie met Petronel Baard in April aan te bied, by die kroning van die Mev. Suid-Afrika-kompetisie op te tree én in Julie na Europa te reis om aan 'n internasio­nale koorkompet­isie in Nice, Frankryk, deel te neem. Tydens hul toer, sal die SKKK tien konserte in Frankryk aanbied.

Vanjaar vier die SKKK ook sy 25ste bestaansja­ar (Covidjare uitgesluit), en word 'n hele naweek van reünie-aktiwiteit­e op 26 Mei in die Georgeburg­ersentrum beplan.

Swart vier ook sy 15de jaar as dirigent by die koor, en pas, as deel van sy D.Mus. graadnavor­sing, ‘n rewolusion­êre stemontwik­kelingsmet­odiek vir die eerste keer op die koor toe.

Intussen sien koorlede uit na hul jaarlikse naweek-oefenkamp, wat op 10 Februarie by Schoemansp­oortkultuu­rsentrum

begin. By die geleenthei­d sal nuwe lede hul goue ledebalkie­s tydens 'n afsluiting­sfunksie ontvang.

Jong sangers tussen die ouderdomme van tien en vyftien, wat lede van die SKKK wil word, word genooi om die dirigent by 084 645 9320 te kontak om ‘n oudisie te reël.

 ?? ?? Lede van die Suid-Kaap Kinderkoor Saterdag voor die NG Moedergeme­ente tydens die werksessie. Heel links staan JanErik Swart, leier van die koor.
Lede van die Suid-Kaap Kinderkoor Saterdag voor die NG Moedergeme­ente tydens die werksessie. Heel links staan JanErik Swart, leier van die koor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa