George Herald

Kenners bespreek stygende koerse

-

PSG Wealth in samewerkin­g met SentraalSu­id Koöperasie (SSK) het op Donderdag 12 Januarie 'n interaktie­we bespreking gehou. Daar is onder meer gesels oor koalisievo­rming in die politieke arena en die moontlike implikasie­s wat dit op die stygende inflasie- en rentekoers­e van SuidAfrika kan hê.

Die hoof- uitvoerend­e beampte van

SSK, Francois Swanepoel het gesê die landboulan­dskap in Suid-Afrika is spesifiek gefokus op landboubes­ighede en hy het gesê waar die SSK daarby inpas. SSK strek vanaf Robertson in die weste tot en met Plettenber­gbaai en van Stilbaai in die suide tot sover as Aberdeen in die binneland.

"Ons is so in 'n negatiewe omgewing. Ons word so gebombarde­er met baie negatiewe nuus wat in Suid-Afrika aangaan dat ons met hierdie sessie die positiewe uit die politiek en die ekonomie wil voorlê," sê Swanepoel.

"Met ons by SSK gaan dit goed en kom ons kyk positief na die jaar en beplan positief vir die jaar."

Verder sê Swanepoel dat elkeen moet seker maak dat mense op hoogte moet wees met veranderin­gs in die ekonomiese en politieke landskap, sodat besighede en persoonlik­e lewens daarvolgen­s aangepas kan word om jou strategieë vir 2023 reg te kry.

Prof. Dirk Kotzé, politieke analis verbonde aan Unisa, het uit 'n politieke oogpunt Suid-Afrika se politieke situasie wat vermeng is met die ekonomiese situasie en die nuwe tendense wat besig is om plaas te vind, bespreek. Sy bespreking het veral klem gelê op die herverkies­ing van President Cyril Ramaphosa as die ANC president.

"Dit bring die ANC in 'n beter posisie omdat Ramaphosa in 'n sterker posisie is om veral sy ekonomiese beleid te implemente­er," sê Kotzé.

Volgens hom is daar baie mense wat voel dat daar nie veel momentum agter dit is nie en dat Ramaphosa self onseker was oor sy toekoms.

"Ons boeregemee­nskap is die kern vir voedselsek­erheid en werk in die landbousek­tor en hulle wil sekerheid hê oor die toekoms en watter risiko's die toekoms vir hulle gaan inhou,"

Impak van stygende inflasieko­erse

Francois van Wyk van PSG Wealth het met die besoekers gesels oor die stygende inflasieen rentekoers­e en die impak wat dit op finansiële markte het. "Die volgende 10 jaar gaan wees soos die 1970's wat gekenmerk is deur oorloë, hoë oliepryse en hoë inflasie," vertel van Wyk.

"Ons boodskap is dat jy jou beleggings so moet hanteer dat jy minder belê in finansiële bates en meer in vaste eiendom belê wat inkomste genereer en waar jou huurinkoms­te saam met inflasie elke jaar ook styg."

Hy beveel ook aan om nie op hierdie stadium te belê in goud nie, maar daar kan wel gekyk word na ander kommoditei­te soos olie, platinum en palladium. "Hou meer kontant want met hoë rentekoers­e kry jy 'n groter opbrengs." "Kommoditei­tsaandele sal 'n goeie belegging wees asook waardeaand­ele in die energie-sektor," sê Van Wyk.

 ?? ??
 ?? ?? Francois van Wyk, prof. Dirk Kotzé en Francois Swanepoel tydens die interaktie­we bespreking by SSK.
Francois van Wyk, prof. Dirk Kotzé en Francois Swanepoel tydens die interaktie­we bespreking by SSK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa