George Herald

Verwaarlos­ing van park onaanvaarb­aar

- Deon Carstens, George:

Die berig, 'Swift action to clean up

Apple St park', oor die skoonmaak van die parkie by Applestraa­t, Heatherpar­k in George Herald van 15 Desember 2022, is baie misleidend. Ek aanvaar dit is wat die munisipali­teit vir die koerant genoem het, dat hulle alles dadelik gedoen het. Dit is egter nie waar nie.

Die groot tak, struik by die prieel en twee indringerp­lante is afgesaag. Daar is egter niks aan die oorgroeide tuine en onkruid wat hoog staan, gedoen nie. Die varings is nie verwyder nie en groei al in die grasperk in.

Die garingplan­t met sy harde skerp punte aan die blare is ook nie verwyder nie.

Die plant is uiters gevaarlik vir die klein kindertjie­s wat by die bruggie (wat ook in 'n swak toestand is) speel. Sou so 'n skerp punt 'n kind in die oog steek, kan hy/sy hul sig verloor of gesig beskadig word.

Ek het wel nie voorheen vir Parke gevra om die prieel te verwyder nie, maar ek voel die onooglike pale kan maar verwyder word, want dit dien geen doel nie.

Die gras word nie met grasmasjie­ne met bakke gesny wat die grassnysel­s opvang nie. Dit word net so vinnig as moontlik met rantsnyers gesny wat net die onkruid en blare rondwaai.

Die vraag is hoekom is die kontrak vir die skoonmaak van die tuine nie hernu nie. Dit is ongeveer drie of vier jaar laas gedoen, nadat ons ook gereeld klagtes moes indien.

Die netheid van die parkie gaan nie net oor my en van die ander inwoners wat my ook gevra het om namens hulle te praat nie.

Dit toon 'n swak beeld van die diens wat die munisipali­teit lewer aan besoekers en ander eienaars wat huise rondom die parkie het en nie hier woon nie. Die munisipali­teit spog tog so graag met watter goeie diens hulle hier in George lewer.

Die parkie behoort al vir baie, baie jare nie meer aan die inwoners nie, maar aan die munisipali­teit.

George Municipali­ty responds:

The George Municipali­ty’s Parks and Recreation Services did remedial actions when the complaint was received, please see the attached file that shows before and after images of the concerned area. The grass-cutting contract does not include the ornamental plants in the park. We are in the process of adding the park to the existing flowerbeds contract as soon as the procuremen­t process is done, then the ornamental plants will be maintained including the cutting of the ferns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa