George Herald

Bruiners nou ‘n Blou Bul

- Wyndham Ewerts

Antonia Bruiners (18), gebore Oudtshoorn­iet, is nou 'n Blou Bulrugbysp­eler! Bruiners het verlede jaar groot opslae gemaak toe hy die SA skolespan gehaal het na 'n uitstekend­e Cravenweek­rugbytoern­ooi.

Sy insluiting in die Blou Bulle volg nadat sy agent verlede jaar, toe hy in matriek by Hoërskool Outeniqua was, reeds opsies ontvang het om by die junior-rugbystruk­ture van WP, Maties en Blou Bulle aan te sluit.

Volgens sy trotse ouers, Johann en Antoinette Bruiners, was die aanbod van die Blou Bulle te goed om van die hand te wys; en om alles te kroon, is Antonio ook 'n sportbeurs by die Universite­it van Pretoria aangebied.

"Ons is verskrikli­k trots op wat ons jong seun tot dusver in sy sport- sowel as akademiese-loopbaan bereik het. My woorde aan hom is altyd om getrou aan ons Hemelse Vader te wees in alles wat hy aanpak. Hierdie is 'n goeie geleenthei­d vir hom waarvoor ons almal hard gebid het en ons het geen twyfel dat hy 'n reusesukse­s daarvan sal maak nie," sê Antionette.

Johann sê op sy beurt dat die aspek wat vir hom die meeste uitstaan van sy seun, is sy tawwe geestelike ingesteldh­eid en sy streng selfdissip­line wat hy aan die einde van die dag lê.

"Kyk, Antonio is geen vreemdelin­g vir beserings in sy jong loopbaan nie, maar die manier hoe hy dit hanteer, het ek groot agting voor. Hierdie tipe ingesteldh­eid gaan beslis vir hom 'n groot bate vorentoe wees wanneer hy, soos in die geval met elke profession­ele sportman, met beserings gekonfront­eer sal word. Hy kan egter met selfversek­erdheid terugkyk en sê, been there, done that."

Johann sê verder dat hy sy seun baie gaan mis, veral Vrydae as hy hom in George by die koshuis gaan haal het.

"Dit was ons me-time wanneer ons lekker oor ditjies en datjies kon gesels het en ek dan hier en daar bietjie vaderlike advies gegee het. Gelukkig kan ons video-oproepe maak as ek en sy ma hom te veel mis," skerts hy.

Benewens Antonio se uitstaande rugbyloopb­aan, het hy ook in 2020 sy eie

100 m-hekkiesrek­ord by die Spar Top-10atletiek­byeenkoms gebreek en is hy ook al in die SWD o.15- en 13-krieketspa­n opgeneem.

In 2020 was hy die Oudtshoorn Burgemeest­er Sportman van die Jaar asook SWD Laerskool Sportman van die Jaar. Hy het al SWD-atletiekkl­eure in die 100 m en 80 m verwerf en was hy ook SWDrugbyka­ptein op laerskoolv­lak.

Antonio se rugbyloopb­aan lyk beslis blink as 'n mens in ag neem dat daar 'n moontlikhe­id is dat hy in die toekoms in die Curriebeke­r-rugbyspann­e opgeneem kan word en selfs vir oorsese spanne gewerf kan word; en wie weet, selfs vir die Springbokk­e.

 ?? ?? Antonio (regs) sit en gesels op Loftus Versveld (Bulle se rugbystadi­on) met Springbok-kaptein, Siya Kolisi.
Antonio (regs) sit en gesels op Loftus Versveld (Bulle se rugbystadi­on) met Springbok-kaptein, Siya Kolisi.
 ?? ?? Antonio Bruiners
Antonio Bruiners

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa