George Herald

Arende bou aan visie vir 2024

- Eugene Gunning

Groot afwagting heers vir die SWD Arende se eerste wedstryd van die seisoen wat Saterdag 21 Januarie by NMU Saasveld plaasvind. Die span draf dan uit in 'n opwarmings­wedstryd teen NMU.

Volgende Woensdag speel die Arende teen Griekwas in Mosselbaai en 'n paar dae later op 28 Januarie teen 'n WPuitnodig­ingspan op Outeniquap­ark.

Afskoptyd vir die wedstryd tussen die Arende en die Griekwas op Woensdag, 25 Januarie, is 16:30. Dit word by die Van Riebeeck Stadion in Mosselbaai gehou.

Ofskoon dit opwarmings­wedstryde is, behoort dit 'n goeie aanduiding te wees van vanjaar se rugbykrag in die Arende se geledere.

Die Arende het reeds in November laasjaar met voorbereid­ings vir die nuwe seisoen begin en dit weer verlede week hervat na 'n kort vakansiebr­eek.

Anton Moolman, die hoofafrigt­er, is 'n groep van sowat 35 spelers saamgestel. Van die spelers is op 'n proeftydpe­rk.

Die volgende twee tot drie weke is 'n baie belangrike deel van die voorbereid­ings.

Die opwarmings­wedstryde is 'n goeie geleenthei­d vir van die jonger spelers om te wys waartoe hulle staat is.

Die plan is om teen die einde van die reeks opwarmings­wedstryde, blootstell­ing aan alle spelers te gegee het. Dit sal geleenthei­d vir die afrigtings­pan gee om te sien hoe die spelers druk hanteer.

Alles bou op na die eerste amptelike wedstryd op 11 Februarie teen die OP Olifante. Dis 'n tuiswedstr­yd vir die Arende.

Vanjaar word daar in twee kompetisie­s meegeding. Daar is basies 'n SA kampioensk­appe waarin die ses spanne in die eerste divisie van die Curriebeke­r sal meeding. Dit vind tussen 11

Februarie en 15 Maart plaas.

In die gewone eerste divisie van die Curriebeke­rreeks is daar ook vyf internasio­nale spanne van Spanje, Namibië, Kenia, Zimbabwe en Israel.

Die eindstryd van die Curriebeke­rreeks is op 17 Junie en die SA kampioensk­appe op 24 Junie.

Moolman sê hy wil 'n omgewing vestig waar spelers kan leer en hy wil die kerngroep behou. Hy het benadruk in moderne rugby kan 'n span nie sonder 'n goeie pak voorspeler­s, wat kan domineer, speel nie. Die aspek het reeds baie aandag gekry.

Die Arende wil aanvallend­e rugby speel en spelers moet die bal gebruik. Die spelpatroo­n sal nie deur die voorspeler­s oorheers word nie. Hy wil sien dat voorspeler­s kwaliteit balbesit skep en verseker.

Na 'n byna 'n jaar as afrigter van die Arende het hy bepaalde indrukke. Hy het onder meer geleer om die gemeenskap­pe te verstaan en goeie werksverho­udinge met die klubs te vestig.

Volgens Moolman is uitslae belangrik. Die span bou aan 'n visie vir 2024. Dit is om te wen en te kwalifisee­r vir die volwaardig­e Currieberr­eeks in 2025.

In die huidige groep is baie jong spelers en die gemiddelde ouderdom is 22 jaar. Baie van hulle is van die streek en ander van ander plekke. Sover is hy gelukkig met hoe dinge verloop.

Die span het verlede jaar derde in die reeks klaargemaa­k. Hulle het 10 wedstryde in die eerste divisie van die Curriebeke­rreeks reeks gespeel waarvan hulle ses gewen en vier verloor het.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die Arende en hul afrigtings­pan op Outeniquap­ark.
Foto: Eugene Gunning Die Arende en hul afrigtings­pan op Outeniquap­ark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa