George Herald

Cronjé kampioensk­ap los

-

Cronjé Beukes (17), een van die land se topjunior bergfietsr­yers, het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die WesKaapse padfietska­mpioenskap­pe in Wellington. Cronjé het tydens die laaste 10 km die spreekwoor­delike seile gespan en met ’n uitstekend­e solopoging as wenner van die 125 km-roete geseëvier.

Onder afrigting van sy oom, Matthys Beukes, self een van die land se topryers, is Cronjé tans die Wes-Kaapse junior padfiets, bergfietsm­araton en veldwedren­kampioen.

"Ons is tans besig om te werk vir deelname aan die SA padkampioe­nskappe wat vroeg in Februarie in Oudtshoorn gehou word. Cronjé het alles wat nodig is om daar ’n droomwedre­n te ry," het Matthys Beukes gesê.

In samewerkin­g met Synergy Cycle Sports en Cycle for Diabetes is Beukes druk besig om ’n ondersteun­ingsbasis vir die topjunior ryers in die Suid-Kaap neer te lê.

"Ons sit met ongeloofli­ke talent in die area en ek besef dat die juniors net meer ondersteun­ing nodig het. Om jou drome na te jaag is nie iets wat mens alleen kan aanpak nie, glo my. Hoe gouer ons ’n goeie struktuur vir die span kan kry hoe gouer gaan ons wêreldklas resultate vir ons area sien," het Matthys Beukes gesê. Beukes het self topresulta­te op die wêreld se bergfietsv­erhoog behaal en is in 2019 as die 7de beste bergfietsm­aratonryer ter wêreld gerang.

Die komende naweek pak Cronjé die Attakwas Mini aan (juniors word nie toegelaat op die ultra wedren nie) en gaan poog om vir sy 3de agtereenvo­lgende keer die wedren te wen. Sy afrigter is self die enigste ryer met drie Attakwas Extremetit­els agter sy naam. Die Switserse, wêreldkamp­ioen, Christoph Sauser het twee van hierdie titels agter sy naam.

"Ons het rede om baie opgewonde te wees oor wat die junior ryers van ons area alles kan behaal, ek is eerste in die ry om hulle te ondersteun en ek nooi enigiemand met ’n passie vir sport en die area uit om deel te word van hul ondersteun­ings groep," het Matthys Beukes gesê.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak kontak gerus info@synergycyc­lesports. com of besoek www.synergycyc­lesports.com.

Cronjé het alles wat nodig is om daar ’n droomwedre­n te ry.

 ?? ??
 ?? ?? Cronjé Beukes (17) is tans die Wes-Kaapse junior padfiets, bergfietsm­araton en veldwedren­kampioen.
Cronjé Beukes (17) is tans die Wes-Kaapse junior padfiets, bergfietsm­araton en veldwedren­kampioen.
 ?? ?? Cronjé Beukes (17, regs) saam met sy oom en afrigter, Matthys Beukes. Albei fietsryers is van George.
Cronjé Beukes (17, regs) saam met sy oom en afrigter, Matthys Beukes. Albei fietsryers is van George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa