George Herald

Reën bring geen groot skade in George

- Eugene Gunning en Alida de Beer

Sover bekend het die ongunstige weertoesta­nde wat groot dele van die WesKaap die afgelope langnaweek geteister het, geen ernstige skade in die Tuinroete en Klein Karoo aangerig nie. Reën en wind het in die Overberg, die Kaap en dele van die Kaapse wynlande groot ontwrigtin­gs veroorsaak.

Wouter Jacobs, senior rampbestuu­rbeampte van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit, het Dinsdag 26 September gesê die swaar weer het die Kaap en Overberg gelyk getref.

Aanvanklik was dit 'n vlak 9-waarskuwin­g vir die Tuinroete, maar dit is Maandag afgegradee­r na 'n vlak 6-waarskuwin­g. Daar was in stadiums ook waarskuwin­gs vir erge wind en hoë seedeining­s.

Garden Route-rampbestuu­r het Sondagogge­nd 'n vergaderin­g gehad nadat die waarskuwin­gs uitgereik is. Al die rolspelers van die onderskeie munisipali­teite is verwittig en die distriksmu­nisipalite­it se gesamentli­ke operasiese­ntrum is ook geaktiveer.

Hier en daar is berigte ontvang van bome wat omgewaai is, dakplate wat afgeruk is en water wat in huise gespoel het, maar geen vloedskade nie.

Jacobs het benadruk die samewerkin­g van die onderskeie rolspelers het 'n groot rol gespeel om die skade te beperk.

By Bergoord in Oudtshoorn was daar Maandag sowat

100 mense vasgekeer nadat 'n river afgekom het. Die river het intussen gesak en die mense het Woensdagog­gend na veiligheid vertrek. In 'n stadium was 'n pad na Karatara gesluit, maar die inwoners was nie afgesluit van die buitewêrel­d nie. In die stadium lyk dinge goed.

Teen gister, Woensdag 27 September, was die Swartbergp­as, Meiringspo­ort en Prince Alfred-pas en enkele ander distrikspa­aie nog gesluit.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die volgende reënvalsyf­ers verskaf:

• George-lughawe (geval in die voorafgaan­de 24 uur): 39,7mm - 24 September 9,6mm - 25 September 27,5mm - 26 September

• George Witfontein (geval in die voorafgaan­de 24 uur): 42mm - 24 September

7mm - 25 September

48mm - 26 September

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa