George Herald

Shydac benodig hulp met kinders se aktiwiteit­e

- Alida de Beer

'n Egpaar wat die trauma ken van 'n geliefde wat in dwelmversl­awing vasgevang is, verwerk hulle eie pyn deur 'n projek wat hulle gevestig het om smiddae om te sien na kinders in hul eie woonbuurt.

Danksy hulp en donasies van verskeie weldoeners wat hulle projek ondersteun, kan Pearley en Gerald Lewis 'n groot klomp kinders daagliks 'n gesonde maaltyd gee in 'n groot en gesellige vertrek wat agter by hul huis in Saturnusst­raat, Parkdene, aangebou is. Dit bied 'n veilige omgewing waar kinders kan speel en huiswerk doen.

Die organisasi­e, Shydac (Safe Haven

Youth Developmen­t and Aftercare), is agt jaar gelede as nie-winsgewend­e organisasi­e geregistre­er. "Ons wou 'n veilige hawe vir ons buurt se kinders daarstel wat sonder toesig op straat rondloop met niks om te doen nie. Hier kan hulle inkleurwer­k doen, televisie kyk, biljart speel en sommer net hier wees," vertel Pearley.

Shydac akkommodee­r kinders onder 15 jaar en sodra hulle 15 jaar oud word, skakel hulle in by Local Motion, 'n projek wat fokus op die ontwikkeli­ng van tieners in arm gemeenskap­pe. "Tussen 80 en 120 kinders kom per dag na ons toe en deesdae gee ons ook aan ongeveer 40 bejaardes 'n maaltyd. Die nood hier is groot en ons beroep ons op persone wat hulle vaardighed­e en tyd vrywillig sal gee om te help met aktiwiteit­e vir die kinders en bejaardes. Donasies van kos en 'n borg vir Na bladsy 6

Danksy hulp en donasies van verskeie weldoeners wat hulle projek ondersteun, kan Pearley en Gerald Lewis ‘n groot klomp kinders daagliks ‘n gesonde maaltyd gee.

 ?? ?? Van die kinders en bejaardes wat daagliks ‘n maaltyd by Shydac kry.
Van die kinders en bejaardes wat daagliks ‘n maaltyd by Shydac kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa