George Herald

Interdik teen bouers slaag in hooggeregs­hof

- Michelle Pienaar

Drie subkontrak­teurs wat werk aan mense van die Blanco-gemeenskap verskaf het, moes Donderdag 21 September die bouperseel by Mountain View Estate, Golden Valley-rylaan, verlaat. Een van die kontrakteu­rs het vir die afgelope maand op die terrein met 'n tent gekamp, terwyl ander die persele waaraan hulle gebou het, beset het.

'n Dringende interdik deur die ontwikkela­ar, Mutizone (PTY) LTD (trading as Sable Cape), wat in die Kaapse hooggeregs­hof gedraai het, het laat verlede Donderdagm­iddag geslaag. Daar is ook 'n kostebevel teen die respondent­e, wat volgens 'n ingeligte meer as R200 000 sal beloop.

Dit volg nadat die betrokke subkontrak­teurs, Silverback, Four Brothers en Shaun Projects, sowat 'n maand gelede hul bouwerk gestaak het en die persele waaraan hulle gewerk het, beset het. Hulle het hul bouersrete­nsiereg uitgeoefen. Die dispuut was oor finansiële vergoeding.

Luidens die subkontrak­teurs se prokureur, Francois van Zyl, het hulle aangedui dat hulle te min betaal is.

Die hoof van Sable Cape Developmen­ts, Sarel van Niekerk, het verlede Vrydagogge­nd aan George Herald gesê beide kontrakte wat deur die subkontrak­teurs geteken is, is deur Mutizone geëer. "Hulle is elke sent betaal," het hy gesê. "Die dispuut was gebaseer op 'n algemene brief van ses maande gelede, wat nie meer relevant is nie. Die subkontrak­teurs het staatgemaa­k op 'n bouersrete­nsiereg wat nie meer geld nie."

Hy het gesê dat hierdie 'n hartseer dag vir die Blanco-gemeenskap is. "Soveel gesinne kon eet deur die werk wat hier verskaf is. Dit is so jammer wat hier gebeur het.

Nou kyk ons vorentoe. Daar is kopers wat moet intrek, wat al wou intrek. Ons sal waarskynli­k nou hulp van elders moet inspan om die knoop deur te haak, aangesien ons nie van hierdie kontrakteu­rs gebruik kan maak nie."

Volgens Van Zyl het die bouwerk by vyf eiendomme vir 'n maand lank stilgestaa­n. Intussen het ander subkontrak­teurs, waaronder AK Constructi­on, Chicco Malaudzi Constructi­on en Nico Constructi­on, voortgebou aan die eiendomme waarmee hulle besig is.

Alex Kirkwood van AK Constructi­on het aan George Herald gesê hy is heeltemal tevrede met die ontwikkela­ar: "Ons het 'n goeie verhouding." Ook Malaudzi, 'n subkontrak­teur van Thembaleth­u, het te kenne gegee dat hy tevrede is met sy kontrak en geen probleme met die ontwikkela­ar ondervind nie.

'n Voormalige hoofskakel­beampte, Aldred Kaffoen, wat verantwoor­delik was vir gesprekvoe­ring tussen die subkontrak­teurs en die ontwikkela­ar, het vandeeswee­k gesê die drie subkontrak­teurs is nog nie klaar met die saak nie: "Die hof het nog nie ons saak aangehoor nie, dit het net oor die interdik gegaan. Ons is tans in gesprek met ons prokureur. Ons voel ons het nog 'n voet om op te staan."

Kaffoen is van mening dat kontrakbre­uk plaasgevin­d het, sowel as onderbetal­ing.

"Dit is ook nonsens dat daar nie nog subkontrak­teurs en bouers in Blanco is nie," het hy gesê. "Ons is die armste buurt in die dorp en trek aan die kortste ent."

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Bouers van Four Brothers, een van die subkontrak­teurs wat hul werk gestaak het, het vir sowat vier weke op twee boupersele waarvoor hulle verantwoor­delik was, gekamp.
Foto’s: Michelle Pienaar Bouers van Four Brothers, een van die subkontrak­teurs wat hul werk gestaak het, het vir sowat vier weke op twee boupersele waarvoor hulle verantwoor­delik was, gekamp.
 ?? ?? Die subkontrak­teur Silverback het bouwerk by hierdie perseel vir vier weke laat vaar.
Die subkontrak­teur Silverback het bouwerk by hierdie perseel vir vier weke laat vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa