George Herald

Nat Erfenistoe­r maak dit al die pad

- Eugene Gunning

Die swaar reën die afgelope langnaweek kon glad nie die deelnemers aan die SuidKaap Oumotorklu­b se jaarlikse Erfenistoe­r se geesdrif demp nie.

Die toer het Vrydag 22 September begin en Maandag 25 September klaargemaa­k.

Dit was vanjaar die 11de Erfenistoe­r en van die 26 inskrywing­s het 25 voertuie die toer voltooi.

Groot opgewonden­heid het Vrydag geheers by die wegspring by Halfway George in George, die borg van die toer.

Die voertuie het Vrydag na Riversdal vertrek en vandaar aangedoen by Swellendam, Kaap Agulhas en Arniston. Saterdag is vertrek van Arniston na Baardskeer­dersbos en van daar na Danger Point lighuis en terug na Arniston.

Op Sondag, Erfenisdag, is hulle na Bredasdorp, Caledon, Villiersdo­rp en Bonnievale. Die stoet voertuie het die vloede en oorstromin­gs net-net gemis.

Maandag is hulle na Montagu, Adamskraal (Ladismith), Riversdal en weer terug

na George.

Niel Kasselman, wat vanjaar die tweede keer deelgeneem het, het gesê dit was baie nat. "Dit het baie gereën op die pad. Ons moes maar versigtig wees. Gelukkig het ons geen verspoelin­gs beleef nie."

Hy sê dit was 'n wonderlike belewenis. "My plan is om weer volgende jaar deel te neem. Ek sal dit sterk aanbeveel dat mense deelneem. Vanjaar was daar van die motors wat bietjie probleme gehad het. Halfway Toyota het 'n ondersteun­ingsvoertu­ig verskaf en dit het baie gehelp."

Dr. Waldo Scribante, vooorsitte­r van die die Suid-Kaap Oumotorklu­b, het gesê alles het goed afgeloop. "Ons het lekker gery en lekker gekuier. Dalk sal ons volgende jaar iewers anders heen gaan - miskien die Karoo."

Hy het sy dank teenoor Halfway Toyota George uitgespree­k. "Sonder hulle hulp sou van die voertuie nie klaar gemaak het nie."

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Van die deelnemers vertrek Vrydagogge­nd uit George.
Foto’s: Eugene Gunning Van die deelnemers vertrek Vrydagogge­nd uit George.
 ?? ?? Niel Kasselman vryf sy 1954 Chevolet Belair bllink kort voor die toer.
Niel Kasselman vryf sy 1954 Chevolet Belair bllink kort voor die toer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa