Die houtbedryf in George as erfenisskat in die Suid-Kaap
Ter viering van Erfenismaand wat tans gevier word, fokus Okkie Stander, kultuurhistorikus van George, in hierdie artikel op die betekenis van die houtbedryf in George as 'n erfenisskat in die Suid-Kaap. 'n Erfenis wat die gemeenskap trots koester en bewaar.
George is nie net die hoofdorp in die Suid-Kaap nie, maar eintlik die hart van die houtbedryf. Vir die doel van die artikel word die fokus op die maak van meubels en dan spesifiek die Volkwynstoel geplaas.
Alle meubels kan in die volgende groepe verdeel word:
Sitmeubels: systoel, armstoel, kinderstoel wiegstoel Slaapmeubels: beddens Bergmeubels: kaste, armoire, jonkvrou/ jonkmanskas
Werkmeubels: tafels, kniekiste Wanneer meubels beskryf word gebruik ons altyd die stylperiode waarin die meubels gemaak is. Om die Volkwynstoel in konteks te plaas is dit nodig om baie kortliks na die Neo-klassieke en Regency stylperiode te verwys. Die tyd waarin begin is om meubels in George te maak, val binne dié twee stylperiodes. Die Neo-Klassiese stylperiode het vanaf 1790 tot 870 gestrek en die daaropvolgende periode was die Regencystylperiode van 1820 tot 1900. Die twee style oorvleuel mekaar vir vyftig jaar.
Dit is interessant om kennis te neem dat die eerste hout buitepos in 1777 te Swartrivier gestig is. Die eerste hout uit die bos is gebruik om mee te bou - waens, hout in huise en meubels.
Meubelmakers aan die Kaap
Na 1809 word in die Kaap 'n duidelike onderskeid tussen timmermans en meubelmakers getref. 'n Verdere ontwikkeling was dat daar in daardie eeu ook mense aan die Kaap was wat as stoelmakers en stoelstoffeerders gewerk het. Gedurende die eeu word ook voeërs, draaiers, beeldhouers en stoffeerders aangetref.
Gedurende 1820 en 1821 het ongeveer 5 000 Britse setlaars in die Suurveld tussen die Vis- en Sondagsrivier kom vestig. Baie van hulle was draaiers, voeërs, kabinetmakers, ens. Baie van die meubelmakers het meubels vir eie gebruik gemaak, maar min was meubelmakers van beroep.
Meubelmakers in George
In George was die meeste meubelmakers in die area waar Blanco vandag is. Daar was Jacobus Botha en Hendrik Gericke wat bokwaens en meubels gemaak het, en Ben Gelderblom was 'n meubelmaker in Blanco.
In George was daar Dan Botha wat 'n jukdraaier en meubelmaker was, kabinetmaker Jan Appel en die drie broers, Sarel,
Willem en Boet Botha wat in Darlingstraat 'n werkswinkel gehad het.
Uit my navorsing het ek ook bewus geword van die invloed van sendelinge op meubelmakery. Op Genadendal was daar 'n volwaardige werkswinkel waar meubels gemaak is. 'n Nalatenskap van daardie sendingstasie is die Genadendalstoel. Nie ver daarvandaan nie, in Elim, is ook 'n werkswinkel begin en baie van die inwoners het hulle meubels gemaak van die hout wat langs die kus uitgespoel het.
Volkwyns leer by sendeling
So het dit gebeur dat Johan Kretzen in
1838 as meubelmaker in die Kaap aangekom het. Sy droom was om as sendeling te begin werk. In 1854 begin hy in George en Gonnakraal naby Groot Brakrivier werk.
Hier het hy tot op die ouderdom 85 onder andere as onderwyser gewerk.
Na sy dood word die naam Gonnakraal na Friemersheim verander. Dit was sy