George Herald

Vroue in Borcherds veg teen euwels vir hul kinders

- Kristy Kolberg

Die jeug in Borcherds gaan gebuk onder talle uitdagings waarvan drank- en dwelmgebru­ik, asook groepsdruk, die grootste euwels is.

Vir hierdie rede het Linda Smit van Team Strong Woman op Maandag 25 September 'n misdaadvoo­rkomingssp­ortdag, Heritage Youth Sport Games Day, by Heidedal Primêr gehou.

Volgens Smit het die dag sowat 300 kinders uit die gemeenskap bymekaarge­bring.

Freddy Trout van People Against Substance Abuse (George) was die geleenthei­dspreker en spelers van die Maoris-rugbyklub het die kinders 'n voorsmakie gegee van hoe dit is om lekker rugby te speel.

"Elke keer as ons hoor dan het 'n jongman sy lewe as gevolg van geweld verloor," sê

Smit. "Dit is die tragedie van dit alles - die moorde, die bendegewel­d, jeugbendes wat mense beroof en seermaak. Ons jeug word aan hulle eie lot oorgelaat. Meeste van hulle kom uit minderbevo­orregte huishoudin­gs en het dit nie altyd maklik nie. As Team Strong Woman wil ons graag 'n verskil maak, maar finansieel is dit vir ons 'n groot uitdaging."

Die organiseer­ders beoog om dit 'n jaarlikse instelling te maak en hoop dat dit elke jaar sal groei.

Smit sê daar is baie leemtes in die gemeenskap, veral onder die kinders, maar sy gaan nie die stryd gewonne gee nie. Indien enigiemand by die insiatief betrokke wil raak, kan hulle Smit by

078 180 5909 kontak.

"Ons benodig tans deodorant (aanrol en spuit), tandeborse­ls, tandepasta en waslappe. Ons het ook 'n groot tekort aan sanitêre doekies vir die dogters," sê Smit.

Die groep hou op 22 Oktober 'n dag van gebed teen gesinsgewe­ld en nooi all vroue uit die gemeenskap om by hulle aan te sluit.

 ?? ?? Van die jongspan wat die dag bygewoon het, het hulle verkyk aan die Kojovalis Babas, ‘n dansgroep uit Rosemoor.
Van die jongspan wat die dag bygewoon het, het hulle verkyk aan die Kojovalis Babas, ‘n dansgroep uit Rosemoor.
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Die organiseer­ders van die byeenkoms saam met spelers van plaaslike rugbyklubs.
Foto: Kristy Kolberg Die organiseer­ders van die byeenkoms saam met spelers van plaaslike rugbyklubs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa