George Herald

Nuwe sosiale netballiga baie gewild

- Eugene Gunning

So gewild is die nuwe sosiale netballiga, Net-Social, dat dit weer gaan plaasvind. Die eerste wedstryde het reeds op 2 Augustus plaasgevin­d en sedertdien het dit van krag tot krag gegaan.

Alexander Venter, die organiseer­der, het bevestig dat die vierde kwartaal-liga se registrasi­es nou oop is tot 30 September en dat die liga van 11 Oktober tot 6 Desember gespeel sal word.

Venter sê in die eerste reeks kon net 'n sekere aantal spanne geakkommod­eer word. "Ons moes baie spanne vra om vir die volgende liga in te skryf."

Hy sê die eerste reeks was 'n groot sukses en die mense geniet dit baie om weer te kan speel. "Daar is groot gees by die bane en die kuier en spanwerk is lekker om te sien tussen al die spanne. Net-Social is presies wat dit sê - 'n sosiale netbal-liga gemik daarop om vir mense die geleenthei­d te gee om weer te kan speel, te leer speel en om iets lekkers saam met vriende, kollegas en die gesin te doen. Dit is nie 'n besigheid nie en word gedryf deur mense wat 'n passie en liefde het vir netbal en sosiale sport."

Dit vind op Woensdag- en Donderdaga­ande van 18:00 tot 21:00 by Laerskool George-Suid plaas.

"Almal kan deelneem, van 13 jaar en ouer, vrouens en mans, iemand wat wil begin speel en dié wat lanklaas gespeel het en weer wil begin," sê hy.

Besighede kan spanne inskryf vir spanbou en geesvang.

Hierdie keer wil die organiseer­ders graag vir meer spanne die geleenthei­d gee om te kan speel. "Ons wil dit daarom oor twee aande 'n week laat plaasvind. Ons kon net 20 spanne in die huidige liga akkommodee­r en daarom wil ons nog

'n aand aanbied sodat ons 40 spanne kan akkommodee­r."

In die eerste reeks was daar mammaspann­e, jong vriendespa­nne, gesinspann­e, besighede wat spanne ingeskryf het en ook gemengde spanne wat gevorm is deur mense wat graag wou deelneem maar nie

'n span gehad het nie. "So ontmoet jy nuwe mense en maak vriende."

Om 'n span te registreer kan hulle per e-pos by netsocialg­eorge@gmail.com of per WhatsApp by 063 259 3397 gekontak word.

Spelers wat nie 'n span kan inskryf nie, kan 'n WhatsApp stuur vir die organiseer­ders, wat sal kyk waar spelers kan geakkommod­eer kan word.

 ?? ?? Net-Social is presies wat die naam sê: sosiale netbal vir almal 13 jaar en ouer.
Net-Social is vir mans en vroue, kinders en volwassene­s.
Net-Social is presies wat die naam sê: sosiale netbal vir almal 13 jaar en ouer. Net-Social is vir mans en vroue, kinders en volwassene­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa