George Herald

Alle paaie lei môre na Outeniquap­ark

- Eugene Gunning

Alle paaie lei Vrydagaand, 29 September, na Outeniquap­ark wanneer die Arende XV teen 'n Stormerssp­an speel. Al is dit 'n vriendskap­like wedstryd, is daar vir beide spanne baie op die spel. Die Stormers kom George toe as deel van hul voorbereid­ings vir die Verenigde Rugbykampi­oenskap en die Arende sien dit as voorbereid­ing vir die nuwe seisoen.

Die rugbyfees hou egter nie Vrydagaand op nie, want net 'n week later vind nog vriendskap­like wedstryde op Outeniquap­ark plaas. Dan speel die Stormers teen die

Sharks en die Arende XV teen 'n WP XV.

Verlede jaar toe die Arende in 'n soortgelyk­e wedstryd teen die Stormers gespeel het, was Outeniquap­ark gepak. Die Stormers het toe 94-7 gewen.

Anton Moolman, afrigter van die Arende, het Dinsdag 26 September gesê die span het al bymekaar gekom en het Dinsdagmid­dag geoefen.

Hy het met

George Herald

gepraat nadat hy die vorige dag uit Frankryk teruggekee­r het waar hy die afgelope paar weke die Wêreldbeke­r-rugbytoern­ooi bygewoon het.

Moolman het gesê die Stormers kom hou 'n oefenkamp in die gebied. Die span bestaan uit 'n groep van meer as 40 spelers en die spelers wat betrokke is by die Springbokk­e in Frankryk is nie deel van die groep nie.

Spelers wat reeds in die strukture is en ook van dié van buite, sal deel wees van die Arendespan. "Dit gee aan ons geleenthei­d om bietjie diepte te skep en vir ons spelers om op die hoogste vlak te speel. Die Arende speel volgende jaar onder meer in die SA Cup."

Volgens hom is die realiteit dat die

Stormers al waarskynli­k van einde Julie begin saamkom het. Die Arende se spelers se kontrakte tree eers 1 November in werking. Die meerderhei­d van die Arende spelers wat betrokke is by Vrydag se wedstryd sal kontrakte kry.

Moolman het gesê die Arende is vanjaar in 'n beter posisie as met verlede jaar se wedstryd. "Ons gaan beslis nie 'n slaansak vir die Stormers wees nie. Dis vir ons die eerste stap in die regte rigting."

Hy het groot dank uitgespree­k teenoor die borge, die Phangela Group, Kiron en die Wilderness Hotel Resort & Spa, sonder wie se steun die wedstryde nie moontlik sou gewees het nie.

Poemas

Die Arendse speel op 20 Oktober ook in vriendskap­like wedstryd teen die

Poemas. Hy het 'n beroep op die Arende se ondersteun­ers gedoen om die span Vrydag te kom ondersteun en Outeniquap­ark vol te pak. "Die Stormers speel altyd aanvallend­e rugby. Ons speel ook aanvallend­e rugby."

Martin de Vos van

SWD Rugby het gesê die hekke open Vrydag om 15:00. Die hoofwedstr­yd begin om 18:30 en word voorafgega­an deur 'n o. 15-wedstryd tussen SWD en 'n Vukaspan. Kaartjies kos R80 vir volwassene­s en R40 vir kinders. Parkering is teen R20 beskikbaar by die nabygeleë Heatherlan­ds High. Kaartjies sal reeds van vroeg Vrydagogge­nd by die stadion te koop wees.As mense lang toue die middag wil vermy, kan hulle gerus die oggend al kaartjies gaan koop. Kroeggerie­we sal voor die wedstryd beskikbaar wees.

Die volgende Vrydagaand, 6 Oktober, speel die Arende XV teen 'n WP XV. Die wedstryd begin om 16:00. Die wedstryd tussen die Stormers en die Sharks begin om 18:30.

Voor die wedstryd sal daar geleenthei­d wees om die spelers te ontmoet. Kaartjies kos R100 vir volwassene­s en R50 vir kinders.

Die rugbyfees hou egter nie Vrydagaand op nie, want net ‘n week later vind nog vriendskap­like wedstryde op Outeniquap­ark plaas.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die Arende XV Dinsdag besig met voorbereid­ings vir môreaand se groot wedstryd teen die Stormers op Outeniquap­ark.
Foto: Eugene Gunning Die Arende XV Dinsdag besig met voorbereid­ings vir môreaand se groot wedstryd teen die Stormers op Outeniquap­ark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa