George Herald

Bekende in onderwyskr­inge sterf in ongeluk

- Kristy Kolberg & Alida de Beer

'n Legende in die onderwyskr­inge, Johan van der Merwe (52), is Vrydagmidd­ag, 16 Februarie, net buite die Kaap in 'n motorfiets­ongeluk oorlede.

Van der Merwe, die assistentd­irekteur van skoolbehee­r en -bestuur by die WesKaapse Onderwys-departemen­t, was saam met sy swaer, Ian Braaf, en 'n vriend, Byron Jonas op pad na 'n motorfiets­byeenkoms in Saldanhaba­ai toe hy omstreeks 17:30 by 'n vierrigtin­g-stopstraat op die Klipheuwel­pad (R302) naby Stellenbos­ch, met 'n VW Amarok-bakkie gebots het.

Hy is op die toneel dood.

Jonas sê alles het voor sy oë gebeur, maar hy wou nie te veel uitbrei oor die tragiese besonderhe­de nie. Hy sê wel dat een van die inwoners in die omgewing waar die ongeluk plaasgevin­d het, vir hom vertel het dat daar gereeld ernstige ongelukke by dié kruising plaasvind.

"Ek het dadelik afgetrek en na Johan gehardloop, maar toe ek my hand op sy rug sit kon ek sien dat hy nie meer asemhaal nie. Die nooddienst­e was vinnig op die toneel, maar hy was reeds oorlede. Hy was 'n bok vir sports en soms lekker ondeund. Hy was altyd vol grappies en truuks by die rallies.

Al die bikers het hom geken en hy was baie geliefd. Hy gaan beslis gemis word by die byeenkomst­e," vertel Jonas. Van der Merwe was ook die president van die X Tribemotor­fietsklub.

Onderwysdi­striksdire­kteur, Jewel Jonkers, het gesê Van der Merwe was 'n toegewyde en hardwerken­de amptenaar, met 'n goeie sin vir humor en 'n vriendelik­e, deernisvol­le en vrygewige persoonlik­heid.

"Hy sou ook altyd help waar en wanneer hy kon. Amptenare kon hom nader en seker

wees dat hulle met raad en ondersteun­ing bedien sal word. Onder sy gesellige persoonlik­heid was daar 'n sensitiewe siel.

"Sy werkfamili­e simpatisee­r met sy vrou, Ruth, adjunkhoof by New Dawn Park Primêr, sy kinders, ma, broers en susters en die uitgebreid­e familie. Johan sal baie gemis word en hy laat 'n groot leemte in die distrik. Ons het nie net 'n dierbare kollega verloor nie, maar 'n kosbare vriend en broer," het Jonkers gesê.

George Herald het uitgereik na Van der Merwe se vrou, Ruth, maar sy was besig met begrafnis- en ander reëlings. Sy het aangedui dat sy kommentaar sou lewer, maar teen druktyd Woensdagog­gend was daar egter nog geen terugvoer van haar af nie.

Begrafnisr­eëlings

'n Roudiens word vanaand, Donderdag 22 Februarie, by die AGS kerk in Pacaltsdor­p gehou en Saterdag sal Johan se begrafnisd­iens by Hope Church om 10:00 plaasvind.

 ?? ?? Van der Merwe se begrafnisd­iens vind Saterdag by Hope Church plaas.
Van der Merwe se begrafnisd­iens vind Saterdag by Hope Church plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa