Go George herlei busse
Go George sal tydelike veranderings aan sekere roetes aanbring om die Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) op Saterdag 24 Februarie te akkommodeer.
Met die sentrum by Carpe Diem
Skool in Langstraat is die impak van die geleentheid op die busdiens minimaal. Hier onder volg 'n opsomming van die roetes wat geraak word.
Roete 9 Industrial Loop
Alle geskeduleerde ritte op hierdie roete, omgekeerde (reverse) ritte ingesluit, sal kloksgewys (forward) ry tot 12:00. Alle bushaltes aan die kant van die straat wat normaalweg gediens word deur die omgekeerde roete sal gesluit word vir die duur van die wedloop.
Roete 13 City Loop F & R, R18 Parkdene – Blanco en R18A Thembalethu - Blanco
As gevolg van die sluiting van Uniestraat tussen Meade- en Yorkstraat tot 12:30 sal hierdie roetes uit Uniestraat regs draai in
Meadestraat, links in Palgravestraat, links in Yorkstraat, regs in Plattnerboulevard, en van daar af soos gewoonlik voortgaan. Roete 13R sal dieselfde roete omgekeerd volg.
Roetes 53 Rosemoor en 53B Rosemoor Express
As gevolg van die gedeeltelike sluiting van Parkweg voor Blue Mountain sal hierdie twee roetes via Knysnaweg ry wanneer dit van die Garden Route Mall vertrek, links draai in die St Georgeweg by CTM, en regs in Parkweg om die normale roete van daar af voort te sit. Dieselfde herleiding sal geld vir ritte uit die dorp in die rigting van die Mall. Parkweg behoort oopgestel te wees teen 10:00.
Wees vertragings te wagte
Tydens die wegspring van die
21 km en 42 km-wedlope vanaf die beginpunt in Langstraat, via Hopestraat na die lughawepad-sirkel