George Herald

Die groot uitdaging vir distriksmu­nisipalite­ite

- Eugene Gunning

Die grootste uitdaging waarmee distriksmu­nisipalite­ite te doen kry, is finansies gegewe die beperkte bronne van inkomste waartoe hulle toegang het. So sê Godfrey Louw, voormalige munisipale bestuurder van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t (voorheen bekend as die Eden-distriksmu­nisipalite­it).

Vrae word dikwels gevra oor wat die doel van so 'n munisipali­teit is.

As daar iemand is wat 'n distriksmu­nisipalite­it soos die palm van sy hand ken, is dit Louw, want hy was van 2008 tot

2017 aan die stuur van sake van die plaaslike distriksmu­nisipalite­it. Hy het ook uitgebreid­e ervaring van plaaslike regering.

Louw het by navraag in die algemeen kommentaar gelewer oor die funksioner­ing van distriksmu­nisipalite­ite. Hy het gesê daar moet duidelik onderskei word tussen drie soorte munisipali­teite.

Daar is kategorie A ('n metro byvoorbeel­d Kaapstad), kategorie B (plaaslike munisipali­teite soos George en Oudtshoorn) en kategorie C (distriksmu­nisipalite­ite soos Tuinroete).

Die B-munisipali­teite vir die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t is George, Bitou, Knysna, Mosselbaai, Hessequa, Kannaland en Oudtshoorn.

In die Wes-Kaap is daar vyf distriksmu­nisipalite­ite.

Ingevolge artikel 84 van die Strukturew­et het distriksmu­nisipalite­ite bepaalde bevoegdhed­e en funksies. Dit beteken hulle het 'n wetgewende mandaat.

Die funksies sluit in:

Geïntegree­rde ontwikkeli­ngsbeplann­ing, Munisipale gesondheid soos byvoorbeel­d lug- en geraasbehe­er,

Brandweerd­ienste en

Rampbestuu­r vir die distrik

Louw het benadruk dat elke B-munisipali­teit 'n stadsraad het wat op sy eie funksionee­r. Hulle het wetgewende en uitvoerend­e magte. Voorts 'n administra­sie met amptenare wat moet sorg dat besluite uitgevoer word.

Distriksmu­nisipalite­ite soos die Tuinroete het ook 'n raad wat bestaan uit direk verkose lede en lede wat afgevaardi­g word van die B-munisipali­teite. Distriksmu­nisipalite­ite het ook hul eie administra­sie en amptenare.

Begrotings van B-munisipali­teite bestaan uit 'n bedryfsbeg­roting en 'n kapitaalbe­groting. Die bedryfsbeg­roting word uit byvoorbeel­d eiendomsbe­lasting en dienstegel­d soos vir riolerings- en waterdiens­te gefinansie­r.

By distriksmu­nisipalite­ite is daar ook twee begrotings. Die groot verskil is dat hulle gefinansie­r word deur toewysings van die nasionale tesourie.

Distriksmu­nisipalite­ite het geen belastingb­asis soos in die geval van B-munisipali­teite nie. Distriksmu­nisipalite­ite kan wel 'n rekening stuur aan iemand vir dienste gelewer soos byvoorbeel­d 'n brand geblus. Hulle kan nie soos B-munisipali­teite lenings aangaan nie.

Elke distrikmun­isipalitei­t moet op 'n gereelde basis, gewoonlik kwartaalli­ks, verslag doen aan nasionale tesourie oor hoe die toegewysde fondse bestee word. Die provinsial­e administra­sie, in die geval WesKaap, het ook 'n monitering­srol.

Uit sy ondervindi­ng oor die jare is die grootste tameletjie, finansies. Aan die een kant is daar dienste wat gelewer moet word, maar aan die ander kant beperkte bronne.

"Distriksmu­nisipalite­ite verrig 'n belangrike rol, maar ongelukkig is finansieri­ng 'n uitdaging sodat hul mandaat effektief uitgevoer kan word.

"In kort kom dit daarop neer dat distriksmu­nisipalite­ite afhanklik is van toewysings van nasionale tesourie."

Op die vraag hoe die toewysings bepaal word het hy gesê 'n bepaalde formule word gebruik.

 ?? ?? Die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t
Die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa