George Herald

Madiba nalatenska­p vind neerslag in kombersepr­ojek

- Eugene Gunning

Danksy die warm harte van lede van die Eden Knitwits en die organisasi­e 67 Blankets for Nelson Mandela, sal kinders van die Môreson Kinder- en Jeugsentru­m die winter snoesig warm wees onder hierdie komberse.

Die Eden Knitwits en 67 Blankets for Nelson Mandela het Vrydag 5 April 80 komberse aan Môreson in George oorhandig. Buite was dit koud en reënerig, maar waar die komberse oorhandig is, het 'n warm, gemoedelik­e atmosfeer geheers.

Van die kinders was self teenwoordi­g om van die komberse in ontvangs te neem. Te oordeel aan hul glimlagte, gaan die komberse hierdie winter handig te pas kom.

Die komberse is deur sowat 106 lede van Eden Knitwits, wat in die Tuinroete gebaseer is, gemaak. Hulle het sedert Januarie aan die komberse gehekel. Van die lede was teenwoordi­g en kon self sien hoe dankbaar die kinders is.

Carolyn Steyn, die stigter van 67 Blankets for Nelson Mandela en ander lede van die organisasi­e, het al die pad van Gauteng gekom vir die geleenthei­d.

Sy het die projek 10 jaar gelede begin. Haar man, Douw en wyle Madiba was groot vriende. Douw is een van die bekendste sakemanne in Suid-Afrika.

Carolyn het vertel dat sy en 'n groepe vriende kort na Madiba se dood in 2013 om 'n etenstafel gesit het, dit was ook Douw se verjaarsda­g. Zelda le Grange, wat toe Madiba se persoonlik­e assistent was, was teenwoordi­g by die ete.

Hulle het onder meer gepraat oor hoe Madiba se nalatenska­p lewendig gehou kan word en wat hulle in 2014 op Mandeladag kon doen.

Zelda het voorgestel dat hulle 67 komberse maak. Carolyn het besef sy sal nie so-iets alleen kan aanpak nie.

Sy het die water op Facebook getoets en vandaar het dinge net gebeur. Dit het selfs 'n internasio­nale teenwoordi­gheid ontwikkel. Oor die laaste 10 jaar is meer as 167 000

komberse so versprei. Volgens Carolyn maak hulle elke dag, Mandeladag.

Ria Potgieter, 'n ambassadeu­r van 67 Blankets in die Tuinroete, het gesê die mense het dit geniet om die komberse te maak.

Die meerderhei­d van die mense kom van Mosselbaai en hulle kom een keer per maand bymekaar. Die meeste van die wol is skenkings. As mense dalk wol wil skenk sal hulle dit met graagte ontvang.

Bridget van Oerle, skakelbeam­pte van die projek, het gesê duisende mense regoor Suid-Afrika is betrokke. Die projek groei. Dis nie net die hekelwerk wat gedoen word nie, daar is ook al vriendskap­pe gevorm.

Volgens haar sal dit wonderlik wees as mense in George betrokke raak. Hulle kan 'n e-pos stuur aan info@67blankets.co.za.

Daar is ook al skole wat betrokke is en by sommige skole is dit deel van die leerplan.

Angelique du Randt, bestuurder van Môreson, het gesê hulle is baie bly oor die skenking. "Dit beteken warm lyfies in die winter en die kinders sal warm slaap in die aande.

"Die moeite en hartsliefd­e wat ingesit is om die komberse te maak, is baie spesiaal."

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Van die kinders wat komberse ontvang het saam met lede van die Eden Knitwits, die organisasi­e 67 Blankets for Nelson Mandela en personeel van die Môreson Kinder- en Jeugsentru­m. Van links is Janis Jackson, Adri Ouiens, Ria Potgieter, Bridget van Oerle, Carolyn Steyn, Angelique du Randt, Antionette Bothma, Rashida Witbooi en Ann Cochrane.
Foto’s: Eugene Gunning Van die kinders wat komberse ontvang het saam met lede van die Eden Knitwits, die organisasi­e 67 Blankets for Nelson Mandela en personeel van die Môreson Kinder- en Jeugsentru­m. Van links is Janis Jackson, Adri Ouiens, Ria Potgieter, Bridget van Oerle, Carolyn Steyn, Angelique du Randt, Antionette Bothma, Rashida Witbooi en Ann Cochrane.
 ?? ?? Van die komberse wat aan die kinders uitgedeel is.
Van die komberse wat aan die kinders uitgedeel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa