George Herald

Elvis Blue takel fietstog van George na Innibos

- Alida de Beer Lees meer oor Elvis se roete by www.georgehera­ld.com

Die gewilde sanger en liedjieskr­ywer Elvis Blue, takel in Junie vanjaar 'n fietstog van meer as

1 500 km oor 13 dae met die oog daarop om mense se aandag te fokus op die behoeftes van weerlose, hulpbehoew­ende kinders.

Elvis gaan man-alleen op sy fiets vanaf George tot in Mbombela (Nelspruit) ry na die Innibos-fees. Dit is in samewerkin­g met Innibos wat hy hierdie 'Elvis Blue ry vir Skoolgeld'-toer aanpak.

Hy wil met sy grootse poging die publiek se hulp inkry om 'n verskil te maak aan die lewens van minderbevo­orregte kinders, en meer spesifiek die kinders van Life Community Services in George en die Nelspruit Lionsklub se Orphan Project in die Daantjie-area in Mpumalanga.

"Hierdie twee organisasi­es spreek die fisiese en opvoedkund­ige behoeftes van minderbevo­orregte kinders direk aan," sê Elvis.

Hy gaan probeer om fondse in te samel en te bestuur saam met die Atterbury Trust om hoofsaakli­k hierdie twee liefdadigh­eidsorgani­sasies te ondersteun.

"Atterbury Trust is een van Suid-Afrika se mees gerekende liefdadigh­eidstrusts wat al vir meer as 26 jaar betrokke is by veral opvoeding, voeding- en gemeenskap­sopheffing­sprojekte. Ek weier om te leef in 'n wêreld waar kinders met leë magies moet skool toe gaan en iets probeer leer.

Ek weier om net rond te sit met die wete dat daar kinders is wat nie die potlode, penne, boeke of selfs skoene het om mee skool toe te gaan nie; dat daar slimkoppe, sportmanne en musiekmaes­tros is wat nooit die geleenthei­d sal hê om bo hulle omstandigh­ede uit te styg nie."

Elvis sê daar is so baie "geraas en behoefte en hooplooshe­id" rondom ons, dat mense afgestomp raak daarvoor. "My hart raak seer wanneer ouers nie vir hulle kinders kan sorg nie, of wanneer ‘n kind se omstandigh­ede net onmoontlik lyk. Al kan ek net vir ‘n paar kinders doen wat ek wens ek vir duisende kon doen, dink ek dis nog steeds die moeite werd," sê Elvis.

Hy wys daarop dat sowat

9,6 miljoen kinders in Suid-Afrika daagliks deur voedseltek­orte geraak word. "Die nagevolge is sosiale en gedragspro­bleme, gesondheid­stoestande soos belemmerde groei, swak konsentras­ie en lae immuniteit. Suid-Afrika het ook een van die mees ongelyke onderwysst­elsels ter wêreld wat gebuk gaan onder swak of afwesige infrastruk­tuur, oorvol klaskamers en chroniese onderprest­asie wat die toekoms van ons kinders en dus ons land in gedrang laat.

"Sosiale opnames wys dat ‘n tekort aan skryfbehoe­ftes en uniforms asook skoolgeld ‘n uiters nadelige uitwerking op skooldeeln­ame het en veroorsaak dat ‘n hoër en hoër koers van kinders tussen 7 en 18 jaar glad nie skool klaarmaak nie."

Elvis sê hy hoop dat sy poging 'n verskil in 'n klompie kinders se lewens sal maak.

Hy oefen al 'n hele paar maande hard vir die toer met die hulp van Spesialize­d, Coimbra en Enduren.

Sy suster, Kona Brown sê, "Elvis hy is 'n kranige bergfietsr­yer alhoewel 'n projek van hierdie skaal nog nie iets is wat hy al gedoen het nie. Hy het wel al 'n paar bergfietst­oere kafgedraf."

Al kan ek net vir ‘n paar kinders doen wat ek wens ek vir duisende kon doen, dink ek dis nog steeds die moeite werd.

Donasies

Elvis vra dat besighede en die breë publiek betrokke raak deur finansiële donasies of die skenk van enige skoolbenod­ighede of benodigdhe­de vir ander fisiese behoeftes.

"Die publiek kan ook ‘n vrywillige skenking maak wanneer jy jou Innibos-kaartjie koop, asook via my sosiale mediaplatf­orms en op die Atterbury Trust se webstuiste via die Donasiewin­kel. Alle finansiële donasies sal via die Atterbury Trust vir liefdadigh­eidsdoelei­ndes ingesamel en verantwoor­delik bestuur word," sê Elvis.

Vir meer inligting, kontak sy bestuurder, Kona Brown by kona@ elvisblue.co.za.

 ?? ?? Elvis Blue, ‘n kranige bergfietsr­yer, is hard aan die oefen vir sy fietstoer van 1 500 km vir minderbevo­orregte kinders wat hy in Junie aanpak.
Elvis Blue, ‘n kranige bergfietsr­yer, is hard aan die oefen vir sy fietstoer van 1 500 km vir minderbevo­orregte kinders wat hy in Junie aanpak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa