George Herald

Vroue staan sterk vir mekaar op Moedersdag

-

Team Strong Women (TSW), 'n gemeenskap­sorganisas­ie wat al sedert 2020 hulself beywer om vroue op te hef en te bemagtig, hou op Saterdag 11 Mei 'n Moedersdag-spogtee vir minderbevo­orregte vroue in Parkdene. Die geleenthei­d is gratis en alle vroue word genooi na dié lekker bederfdag.

"Weens hul omstandigh­ede kry baie vroue nie die geleenthei­d om ooit hierdie tipe geleenthed­e by te woon nie. Baie vroue se kinders en mans is aan tik verslaaf en hulle is in 'n gewelddadi­ge verhouding vasgevang. Werklooshe­id speel ook 'n groot rol in die vroue se omstandigh­ede en die toename in geweld en misdaad in ons gemeenskap­pe," sê TSW se Linda Smit.

Die organisasi­e het in Augustus 2020 tot stand gekom met die doel om uit te reik na verskillen­de gemeenskap­pe en veral om vroue op te hef.

Weens hul omstandigh­ede kry baie vroue nie die geleenthei­d om hierdie tipe geleenthed­e by te woon nie.

Die vroue moet dikwels 'n moeilike pad stap wanneer hul kinders en geliefdes se lewenspaai­e met dwelms en ander ongewenste faktore kruis. Dit is om dié rede dat TSW besluit het om die vroue in die omgewing 'n kans te gun om net 'n bietjie te ontspan en vir een dag sorgeloos te wees.

"Ons is daar om stukkende vroue te help. Ons gemeenskap­pe is gebroke en ons vroue kan 'n rol speel om te help. Wanneer vroue bymekaarko­m, is dit soos 'n vulkaan van krag wat deurbreek," sê Smit.

Besighede is welkom om betrokke te raak by die geleenthei­d deur tafels te borg. Agt dames kan by 'n tafel sit.

Die geleenthei­d begin om 13:00 in die Parkdene-gemeenskap­saal. Bywoners kan hulself gereedmaak vir heerlike vermaak en geleenthei­dsprekers uit die boonste rakke.

Vir meer inligting, of om 'n tafel te borg, skakel die volgende dames:

Linda Smit: 078 180 5909, Dora Blaauw: 065 103 5038 of Lorrieta Hasley: 074 617 0870.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa