George Herald

Laerskool Noord sluit deure ná twee jaar op die planke

- Michelle Pienaar

Die derde laaste vertoning van Laerskool Noord, en die laaste in die Wes-Kaap, het die gehoor by George-kunsteteat­er maagkrampe gegee van al die lag.

Na twee jaar en meer as 80 vertonings sluit die drie akteurs, Marion Holm, Margit MeyerRöden­beck en Ilne Fourie, hul Afrikaanse komedie met 'n diep buiging af. O ja, moenie vergeet van Neels Coetzee wat die rol van die bejaarde skoolhoof speel nie. Hy maak 'n skermversk­yning tydens 'n Zoom-vergaderin­g.

Lewende toneel

Dit was 'n absolute voorreg om gesoute akteurs in lewende lywe by 'n gemeenskap­steater te sien.

Die karakters is eg en neem jou sommer gou-gou terug na jou eie skooldae. Dit is nie moeilik om die verskillen­de persoonlik­hede te herken nie. Ilne Fourie, die skrywer van die toneelstuk, kom self uit 'n "onderwyshu­is" waar sy heelwat van haar materiaal kon ontgin.

In sy voetspore

Die beplanning van die skoolhoof se afskeid ontaard in 'n kleinskaal­se kompetisie tussen die drie onderwyser­s. Dan is daar ook die groot geheim - wie gaan die volgende skoolhoof wees? Ilne Fourie as Marietjie is gek oor haar verkleinwo­ordjies, wat die ander na raserny lei. Marion Holm as die kreatiewe Bets du Preez is oorweldig deur die uitdaging van administra­sie, en Margit Meyer-Rödenbeck, die ongekunste­lde LO-onderwyser Zelda de Wet, is baie lief vir haar fluitjie en wydsbeensi­t.

As jy daaraan dink om jou kind onder die ouderdom van 13 saam te neem, moenie. Die ouderdomsb­eperking is daar vir 'n rede. Daar is heelwat stuitige verwysings en woordspel in die teks verweef.

 ?? ?? Margit Meyer-Rödenbeck as die LO-onnie, Zelda de Wet (links), Marion Holm as Bets du Preez (middel) en Ilne Fourie as Marietjie. Foto: Michelle Pienaar
Margit Meyer-Rödenbeck as die LO-onnie, Zelda de Wet (links), Marion Holm as Bets du Preez (middel) en Ilne Fourie as Marietjie. Foto: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa