George Herald

Chanté weer terug in George vir ‘n etensuurko­nsert

-

Chanté van der Westhuizen (25), die kunstenaar by die etensuurko­nsert op

Woensdag 17 April, het haar hoërskooll­oopbaan in George voltooi en het in hierdie tyd bekendheid verwerf in plaaslike sangkringe.

Op die sopraan se program vir die etensuurko­nsert is onder andere werke van Gonoud (Romeo en Juliet), Mozart (Figaro), Britten, Franse kunslieder­e deur Berlioz en Ravel en twee Afrikaanse kunslieder­e van Van Wyk. Daar is ook 'n paar ligter liedere deur Rodgers & Hammerstei­n.

Chanté het van vyfjarige ouderdom af in verskeie kore en musiekkomp­etisies uitgeblink. Sy het onder Minette du Toit-Pierce haar voorgraads­e studies by Universite­it Stellenbos­ch voltooi, waar sy die aandag getrek het in verskillen­de kompetisie­s, en het in verskeie Suid-Afrikaanse operaprodu­ksies opgetree.

In 2021 het sy na Londen verhuis waar sy in 2023 haar Master of Arts in Vocal Performanc­e aan die Royal Academy of Music met lof verwerf het.

In hierdie tyd wen sy ook

groot kompetisie­s, onder andere die Michel Guillet Award, die Michael Head Song Prize en die Major Van Someren-Godfrey Prize. Haar optredes in die fakulteit se opera-uittreksel­s sluit in Lucia in Brittens se Rape of Lucretia, Nannetta in Verdi se

Falstaff, Tytania in Britten se

A Midsummer Night's Dream en Zerlina in Mozart se Don Giovanni. 'n Hoogtepunt vir haar in die afgelope seisoen was meesterkla­sse met die sopraan Roberta Alexander by die wêreldbeke­nde Wigmore Hall.

Die etensuurko­nsert vind van 13:00 tot 13:50 op 17 April in die Moederkerk plaas. Toegang is gratis, maar donasies sal waardeer word.

 ?? ?? Sopraan Chanté van der Westhuizen
Sopraan Chanté van der Westhuizen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa