George Herald

Sport in short / Sport in kort Driekamper­s doen hul ding in Gqeberha

-

Die afgelope naweek het Eden-driekampat­lete aan die 2024 SA driekampka­mpioenskap en African Premier Cup in Gqeberha deelgeneem. Die byeenkoms is in gure weer, met sterk wind en rowwe swem omstandigh­ede aangebied.

Eden spog met uitstekend­e resultate in ‘n sport wat atlete tot op die uiterste beproef: drie poduimwenn­ers en ‘n besondere tweede plek deur Lomè Gouws, vir die African Premier Cup Junior Elite Vroue.

Future Stars FC on a roll

The Thembaleth­u-based side Future Stars FC resumed their George Local Football Agency (Geolfa) Promotiona­l League fixtures on a high after the Easter break, registerin­g two impressive victories at the Lawaaikamp Stadium. On Saturday 6 April, they were up against the struggling Tigers FC, beating them 2-0, and on Sunday afternoon, 7 April, the promising team defeated Paris United 2-0. They dominated the game with fast-paced play, creating more chances into the box and scoring two beautiful goals.

Juniors neem deel in Limpopo

Junior atlete van Eden het die streek trots gemaak tydens twee nasionale atletiekka­mpioenskap­pe wat onlangs gehou is.

Die Eden-laerskoles­pan, wat deel vorm van die WP-span, het in Maart na Beaufort-Wes vertrek en vandaar saam met die spanlede van die WP- en Boland na Limpopo.

Sondag 24 Maart het die verwelkomi­ngseremoni­e by die Oscar Mpetha-stadion op die sportterre­in van die Universite­it van Limpopo, plaasgevin­d. Slegs die eerste drie atlete het medaljes ontvang, maar daar was soveel plekke tot nommer 20 uit letterlik duisende leerders.

Die WP-span het altesaam 70 medaljes gewen. Dit sluit in 32 goues, 20 silwermeda­ljes en 18 bronsmedal­jes.

SWD pronk in Pretoria

Die ASWD-span het die naweek van 21 Maart by Pilditch in Pretoria aan die ASA kampioensk­appe deelgeneem.

Christo Vrey, voorsitter van die afrigtings­komitee van ASWD, het gesê atlete van die ASWD-span het altesaam 11 medaljes gewen waaronder vier goue medaljes.

Oor die laaste 10 jaar is dit die meeste hoeveelhei­d goue medaljes wat die span gewen het. Volgens hom was dit 'n goeie uitkoms. In die proses is nege nuwe SWD-rekords opgestel.

Balle rol ten spyte van die weer

Nie eers die stormsterk winde en ontwrigten­de reën kon die week die geesdrif demp tydens die 2024 Personal Trust Ladies+ Men's All Cape Tournament nie. Die dames gedeelte van die toernooi het Sondag 7 April begin.

Die toernooi word by verskeie bane in die streek beslis waaronder Knysna, Plettenber­gbaai, Oudtshoorn en Hartenbos.

Sowat 500 vroue vanoor die Wes-Kaap en selfs plekke soos Sishen, Beaufort-Wes en Johannesbu­rg neem aan die toernooi deel.

Die finale wedstryde vind op Saterdag 13 April plaas. Spel begin om 09:00. Die mans gedeelte van die toernooi begin Sondag 14 April en na verwagting sal meer as 700 mans daaraan deelneem.

Read more about these and other sport stories by scanning this QR code or go to www.georgehera­ld.com

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa