George Herald

Kindermoor­d: Man kry twee keer lewenslank

- Kristy Kolberg

Nóú kan ons genees. Só het John Moos, die pleegpa van die 10-jarige Sharron Arries verlede Donderdag gesê ná Timothy Ova (54), die man wat sy dogter en haar vriendin, Jacorene Vaaltyn (9), vermoor het, twee lewenslang­e vonnisse in die rondgaande hooggeregs­hof in George opgelê is.

Ova, wat in 2016 vanuit die Kaap na Albertinia verhuis het, is in Februarie vanjaar op al vyf aanklagte teen hom skuldig bevind. Die klagte sluit in twee van moord, een van dwarsbomin­g van die gereg, een van die onwettige besit van ammunisie en een van onsedelike aanranding wat spruit uit 'n voorval wat in 1999 plaasgevin­d het.

Regter Matthew Francis het Ova twee lewenslang­e vonnisse opgelê vir die moord van die kinders. Hy is tot twee maande tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ammunisie, ses maande vir onsedelike aanranding en vyf maande vir dwarsbomin­g van die gereg. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word met dié van lewenslank. Ova sal dus effektief 25 jaar agter tralies wees.

Die dogtertjie­s se liggame is op Donderdag 22 September 2022 in Ova se woning in Janfiskaal­straat gevind ná hulle die vorige dag as vermis aangemeld is.

Sharon se liggaam is in 'n blou plastiekdr­om gevind en Jacorene se liggaam was onder Ova se bed versteek.

Albei was in lakens toegebind. Volgens die getuienis in die hof was Ova die laaste persoon wat die kinders lewend gesien het. Bure het ook getuig dat die kinders glo dikwels by Ova se hek gestaan en wag het totdat hy van die werk sou terugkeer om vir hulle lekkergoed, kos en geld te gee. ’n Maatskapli­ke werker het die beskuldigd­e se gedrag as versorging (grooming) beskryf.

Die forensiese patoloog het tydens haar getuienis gesê daar was fyn sand in die kinders se lugweë, neuse en monde gevind wat daarop dui dat die kinders die sand ingeasem het.

'n Ondenkbare wrede dood

Regter Francis het tydens sy uitspraak gesê die kinders het 'n wrede dood gesterf. Hulle is lewend begrawe en versmoor.

Dit was egter die nadoodse ondersoek wat getuig het van die ware afgryse wat die twee dogtertjie­s, kort voor hul dood, ervaar het. Hul neuse en monde was gevul met fyn sand, hulle het diep skaafplekk­e op hul voorkoppe, mae, knieë en arms gehad asook ernstige kneusplekk­e aan hul skedels.

"Een is onder die bed versteek en die ander een onseremoni­eel in 'n drom gegooi. Dít beklemtoon die beskuldigd­e se gevoelloos­heid," het regter Francis tydens vonnisople­gging gesê. Ova het ook geensins sedert sy inhegtenis­neming enige berou getoon nie.

Francis het gesê albei die kinders het uit moeilike omstandigh­ede gekom en Ova het slegs voorgegee dat hy vir hulle omgee om sy weerlose slagoffers te lok, en 'n valse gevoel van veiligheid te skep deur hul kwesbaarhe­id uit te buit.

"Die beskuldigd­e het voortgegaa­n met hierdie gedrag [om lekkergoed, geld en kos uit te deel] nieteensta­ande Maureen Vaaltyn se versoek, en waarskuwin­gs deur lede van sy familie, om nie kinders in sy huis te hê of hulle by hom te laat kuier nie."

Tevrede met die vonnis

"Ons is tevrede met die vonnis. Dit bring nie ons kinders terug nie, maar ten minste is hy [Ova] nou waar hy behoort," het Florina Moos, Sharon se pleegma, gesê.

Ná vonnisverr­igtinge het Ova steeds aangevoer dat hy onskuldig is van moord en het die vonnis appelleer. Sy aansoek om appèl was onsuksesvo­l.

Die ondersoekb­eampte, ao. Alistair Rezant van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe, het na afloop van die uitspraak gesê dat hy tevrede is met die vonnis. "Dis waarvoor ons gehoop het. Ek is tevrede."

Ova was deur adv. Flip Theron van Legal Aid SA (Judicare) verteenwoo­rdig en adv. Lenro Badenhorst was die staatsaank­laer in die saak.

 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Die ondersoekb­eampte, ao. Alistair Rezant, saam met die kinders se ouers. Van links is Florina en John Moos, Sharon se pleegouers. Voor staan Maureen Vaaltyn, Jacorene se ma.
Foto: Kristy Kolberg Die ondersoekb­eampte, ao. Alistair Rezant, saam met die kinders se ouers. Van links is Florina en John Moos, Sharon se pleegouers. Voor staan Maureen Vaaltyn, Jacorene se ma.
 ?? ?? Timothy Ova word na die aanhouding­selle by die George-landdrosho­f begelei.
Timothy Ova word na die aanhouding­selle by die George-landdrosho­f begelei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa