George Herald

Paaie in Themba kry aandag

- Eugene Gunning

Die uitbreidin­g van die Go George-busdiens in Thembaleth­u het 'n groot hupstoot gekry. Georgeburg­emeester, Leon van

Wyk, het Vrydag 12 April met die ter tafelleggi­ng van die aansuiweri­ngsbegroti­ng aangekondi­g dat R505 miljoen van die nasionale tesourie en department van vervoer ontvang is.

Dit moet gebruik word vir die opgraderin­g van paaie in Thembaleth­u wat belangrik is vir die uitbreidin­g van die busdiens.

Van Wyk, bygestaan deur

Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies van die George-stadsraad, het Maandag 15 April, in 'n onderhoud met George Herald, meer lig op die saak gewerp.

Volgens Van Wyk is dit net soos in ander stede een van die oogmerke om werkers by hulle werk te kry.

Die paaie moet opgradeer word om die lading van die busse te kan hanteer.

Hy het benadruk dat Georgemuni­sipaliteit dit nie sou kry as die instansie nie sy kant gebring het nie.

Daar is 'n goeie verstandho­uding tussen die

George-munisipali­teit en die tesourie. "Daar is direkte toegang tot die nasionale en provinsial­e tesourie."

Daar sal so gou moontlik begin word met die opgraderin­g van die paaie. Die befondsing help baie. Dit beteken dat die geld nie geleen hoef te word nie, wat weer koste implikasie­s het met rente.

Volgens hom word daar op nasionale vlak gekyk na die groei en ontwikkeli­ng in die gebied.

Die nasionale tesourie is voorskrift­elik hoe die geld aangewend moet word. Die geld word gebruik om infrastruk­tuur te vestig sodat ekonomiese groei kan plaasvind.

Wessels het gesê net soos by ander stede is een van die groot uitdagings om mense toegang tot werksgelee­nthede te gee.

Hoe meer mense toegang het tot die ekonomie, hoe minder deernisgev­alle kan die munisipali­teit uiteindeli­k hê.

Die nasionale tesourie is voorskrift­elik hoe die geld aangewend moet word.

Elektrifis­ering van informele gebiede

Van Wyk het ook aangekondi­g dat R1,325 miljoen ontvang is vir die elektrifis­ering van informele gebiede.

Daar is bereken dat dit sowat R20 000 kos om 'n huishoudin­g van elektrisit­eit te voorsien.

Buiten dat dit help om fisiek elektrisit­eit aan 'n huishoudin­g te verseker, help dit ook met veiligheid. So byvoorbeel­d kan dit help dat mense nie van onwettige elektrisit­eitsverbin­dings gebruik maak nie.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Leon van Wyk, George-burgemeest­er en Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies van die George-stadsraad.
Foto: Eugene Gunning Leon van Wyk, George-burgemeest­er en Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies van die George-stadsraad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa