George Herald

Chanette stel 50ste boek bekend

-

'n Bekendstel­ling van Chanette Paul se 50ste boek, Anoniem, is op Saterdag 14 April by Exclusive Books in die Garden Route Mall aangebied.

Sidney Gilroy het 'n interessan­te en lekker lewendige gesprek met die skrywer gevoer en gaste het hulle verlustig in haar gesels oor haar nuutste publikasie, van haar ouer boeke, haar skryfstyl en lewe as skrywer. Die impak van boekdiewe op skrywers het ook ter sprake gekom.

Anoniem is Paul se mees persoonlik­e verhaal nog en vertel die verhaal van Lula Prins wat ’n nuwe lewe in ’n nuwe dorp onder 'n nuwe naam begin. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambro­er, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemend­e verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan.

In haar grootwordj­are het Paul op verskillen­de plekke gebly en nege skole bygewoon. Sy het aan vyf universite­ite gestudeer en het al in sewe provinsies gebly. Deesdae is sy 'n Mosselbaai­er.

Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op 16-jarige ouderdom geskryf het en wat

op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaa­l, is in haar universite­itsjare in Huisgenoot gepublisee­r.

Eers 20 jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeiden­heid verhale en humoristie­se artikels in tydskrifte verskyn asook 50 boeke in verskillen­de genres.

 ?? ?? Chanette Paul en Sidney Gilroy in gesprek.
Chanette Paul en Sidney Gilroy in gesprek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa