George Herald

Emmaüs gaan groot in 2024

-

George Herald het vroeër berig dat die Emmaüs Beskermde Werksentru­m vir Volwasse Gestremdes onder groot finansiële druk is weens die gedeelteli­ke subsidie van die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng wat jaarliks krimp.

"Ons moet innoverend en buite die gewone raamwerk van fondsinsam­eling dink en maniere vind om die stygende kostes die hoof te bied. Ons probeer met min fondse tot ons beskikking die beste moontlike diens aan intellektu­eel gestremdes lewer wat volhoubaar en toeganklik is," sê Elsabé Badenhorst, hoof van die sentrum.

Emmaüs bestaan uit ‘n residensië­le fasiliteit met kamers vir 48 intellektu­eel gestremdes, asook 60 intellektu­eel gestremdes vanuit die breë gemeenskap wat gedurende die dag by die terapeutie­se stimulerin­g van die werkareas inskakel. Die sentrum voorsien 24 uur versorging aan die koshuisinw­oners asook tee en 'n toebroodji­e en ‘n middagete aan die dagbesoeke­rs. "Die groot behoefte wat daar bestaan vir hierdie tipe diens word weerspieël in die groeiende getalle en navrae wat daagliks ontvang word," sê Badenhorst.

Emmaüs se houtwerkaf­deling maak pragtige houtspeelg­oed en ander houtartike­ls soos skinkborde, kaasborde, en nog vele meer. Die belangriks­te is egter die restourasi­e van houtmeubel­s en riempiewer­k. Hierdie kan baie tydrowend wees en dit het tot gevolg dat daar ‘n wagtyd is vir meubels.

Emmaüs is die enigste vervaardig­er van houthanger­s in George. Behalwe vir die handwerk en naaldwerk wat deur die vroue gemaak word, is Emmaüs ook bekend vir die oortrek van knope.

Fondsinsam­elings

Emmaüs hou verskeie geleenthed­e deur die jaar om geld in te bring en die Manne Afvalgilde het weer in Februarie afgeskop met hulle maandeliks­e byeenkomst­e. Manne wat lief is vir afval en belangstel, kan gerus aansluit by die gilde en elke eerste Dinsdag van die maand heerlike afval by Emmaüs geniet. Hulle kan ook vriende saambring wat kan aansluit terwyl daar nog plek is. Wegneemete­s is ook beskikbaar vanaf 16:00 op die eerste Dinsdag van die maand. Die Afvalgilde het vanjaar afgeskop met ‘n nuwe voorsitter, Marius Kruger van PSG Outeniqua, en hul byeenkomst­e is altyd ‘n heerlike kuieraand. Murray Gerber het as voorsitter uitgetree en is as stigter van die gilde ‘n erelid. Kontak vir Natalie by 044 873 4196 of 083 422 2378 vir meer inligting.

Geen Wintermark

Emmaüs gaan nie vanjaar ‘n Wintermark hou nie weens die verkiesing. Hulle beplan egter verskeie maandeliks­e fondsinsam­elingsproj­ekte.

Hoe kan die gemeenskap betrokke raak? Emmaüs benodig vrywillige­rs om bedags in die terapeutie­se areas hulp te verleen. "Al het 'n persoon net een uur per dag beskikbaar, vra ons dat hulle dit by Emmaüs kom spandeer. Veral persone met houtwerkon­dervinding is baie nodig aangesien ons net een toesighoue­r in die houtwerkaf­deling het," sê Badenhorst.

Tweedehand­se klere, beddegoed, gordyne, en veral kantgordyn­e is baie nodig.

Witolifant­artikels, tydskrifte, boeke - alles wat oorbodig is in jou huis kan Emmaüs gebruik.

"Skoonmaakm­iddels is altyd welkom. Toiletware vir ons inwoners is ook 'n groot nood aangesien hulle afhanklik is van slegs ‘n Sassa-toelaag. Materiaal, wol en handwerkar­tikels is ook baie welkom."

Hou Emmaüs se Facebook-blad (Emmaüs George) dop vir al hulle datums en verkopings. Inligting is ook beskikbaar op hul webwerf, www. emmausgeor­ge.co.za.

Vir meer inligting, bel Natalie by 044 873 4196 of 083 422 2378.

Die sentrum voorsien 24 uur versorging aan die koshuisinw­oners asook tee, ‘n toebroodji­e en ‘n middagete aan die dagbesoeke­rs.

Fondsinsam­elings vir 2024

26 April: Hoenderbra­ai- en slaaiverko­pe (wegneemete­s op bestelling van 11:00 tot 18:00).

24 Mei: Teetuin met pannekoek en kolwyntjie­verkope (cupcakes) van 09:0012:00: Tweedehand­se klerewinke­l asook winkel op perseel sal oop wees vir verkope. 26 Mei: PSG Outeniqua/Emmaüs-gholfdag by George-gholfklub. Afslaan is om 12:00. 26 Julie: Roeties met botterhoen­derkerrie word verkoop (wegneemete­s op bestelling van 11:00-18:00).

2 Augustus: Bingo-aand (tyd sal aangekondi­g word).

7 September: Damesoggen­d. Gasspreker, kunstenaar en tyd sal aangekondi­g word. 30 November: Emmaüs Kermis/Kersmark van 08:00-14:00.

Wegneemete­s regdeur die jaar

Daar is vleis- en hoenderpas­teie, soutkolwyn­tjies (savoury muffins) asook gevriesde kosse soos lasagna en sop op bestelling beskikbaar regdeur die jaar.

 ?? ?? Emmaüs se werkers vervaardig oulike houtwerkar­tikels wat te koop is.
Emmaüs lewer al vir 57 jaar ‘n onontbeerl­ike diens in ons samelewing.
Emmaüs se werkers vervaardig oulike houtwerkar­tikels wat te koop is. Emmaüs lewer al vir 57 jaar ‘n onontbeerl­ike diens in ons samelewing.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa