George Herald

Inkommer deel sy behandelin­g in George

- Nick skryf:

Ek wil graag ons ondervindi­ng as nuwe intrekkers deel, maar wil onomwonde en uitdruklik sê dat ek niemand blameer en veroordeel nie. Hierdie is maar net ons eie waarneming­s en ondervindi­ngs.

Inkommers. Dis ’n neerhalend­e vloekwoord, dit word gebruik deur mense wat jou niks gun nie. Dit beteken jy is ’n indringer en bedreiging vir hulle bestaan en besigheid.

Hulle is nie simpatiek nie en verstaan en besef nie die gevaar en omstandigh­ede daar bo in Sodom en Gomorra waarvan ons vlug nie.

Ons vlug van selfgemaak­te tronke, diefwering, kameras en monitors, alarms, tralies voor deure en vensters, hekke en geslote en donker getinte kar deure en vensters. Voltyds gewapen en op die uitkyk vir wanneer, nie as nie, dit jou beurt is. Jy weet nooit of jy vanaand ongeskonde weer by ’n heel huis gaan kom nie.

Ek kom uit ’n huis waar almal in nood ongeag ras of geslag en baie keer voor jy nog kan vra, altyd gehelp word - dikwels ten koste van ons self.

Ons ondervindi­ng nou hier is dat dit egter soos ’n begrafnisd­iens se na-die-diens verversing­s is, daar is genoeg vir almal en ook om te deel, maar bordjies word vol gestop en oorlaai en word met niemand gedeel of gegun nie.

Ons omstandigh­ede is haglik.

Ons vat jou geld ja, ons is vriendelik maar gee jou bietjie en niks verniet nie.

Ons het gedink dat hierdie plek wonderlik is - en dit is - paaie is in goeie toestand, geen diefwering, geen mure om huise nie, geen elektriese heinings nie, meeste mense praat ons taal, Afrikaans, mense is vriendelik, hoflik, gemoedelik en behulpsaam in die winkels, die strate is skoon, alles werk ...

Baie mense hier is afgetreden­es met pensioene, beleggings met geen finansiële bekommerni­sse nie.

Totdat jy gedwing word, weens omstandigh­ede buite jou beheer, om werk te moet kry om geld te maak om te oorlewe - DAN kom die ware kleure na vore.

Jy is ’n inkommer, ons deel ons werk en besigheid met niemand nie. Ons help niemand nie. Ons vat jou geld ja, ons is vriendelik maar gee jou bietjie en niks verniet nie.

Ons is deur ’n man, noem hom maar Wimpie, hy kom van die verre Noorde af, laat kom om huise te bou.

Hy is ’n ontwikkela­ar en boukontrak­teur. Suinig en uiters inhalig.

Kos my R100k plus net om hier te kom.

Die transaksie het nou deur die mat geval weens beweerde ongerymdhe­de aan sy kant. En nou sit ons. Vir ses weke al. Intussen is daar finansiële verpligtin­ge. My kredietkaa­rt en oortrokke rekeninge is opgeskort, huur moet betaal word, die bank soek my bakkie…Ons het ons ondersteun­ende en wye vriendekri­ng moes agterlaat en loop ons nou vas in hierdie onaangenam­e situasie.

Ek het my besigheids­kaartjies oral gaan uitdeel en omtrent 20 kontrakteu­rs gebel na ek duisende rande se petrol uitgery het en by bouterrein­e nommers gekry en bouers ontmoet en gebel het want almal sê hier’s baie werk.

NIKS.

Net een, B…..k, wat effens simpatiek was en raad gegee het oor tariewe en ’n belofte om te bel. Daarvan het ook dadels gekom. Die ou in Danabaai sê hy ken al die bouers daar en sê onomwonde daar is nie plek vir my nie. Net so.

Ek het tot magneet advertensi­eborde vir my bakkie laat maak wat afgewaai het. Die plek waar ek dit laat maak het, het net hulle skouers opgehaal. Not our problem. R680 weg.

Intussen loop die spaarvarki­e leeg. My jare lange vriend van George kom kuier en gee my R1 500. Daarmee koop ek hondekos en betaal die veearts se rekening. Ek eet eerder brood en water voor my honde ly.

My mense is hier in kamers in die township teen ’n astronomie­se maandeliks­e huur dit moet betaal word, hulle moet kos en betaling kry. Dis nie hulle wat wou afkom nie, hulle is my verantwoor­delikheid en ek kan nie bekostig om hulle te verloor nie. Hulle is my besigheid.

Hulle word ook netso afvallig behandel.

Ons knieë is al deur gebid. Vreemde mense bid vir ons op groepe, ons het ons ook gaan voorstel by ons naaste kerk.

Ek het hoop en vertrou dat ons hier aanvaar en gehelp gaan word, want ons Here sal ons nie in die steek laat nie. Dit glo ek met my hele hart.

Ons is nie slegte mense wat ander wil indoen en benadeel nie. Ons wil ook maar net ’n plekkie in God se son vra en verdien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa