George Herald

Lesers het tot vanaand om te stem vir Matthew

- Eugene Gunning

'n Oud-Pacaltsdor­per, Matthew Fortuin, staan 'n kans om gekies te word as die gewilde Varsitybek­er-reeks se speler van die reeks. Hy is ook genomineer a die beste agterspele­r van die reeks.

Mense kan nog tot vanaand (Donderdag 18 April) om 21:00 vir hom stem.

Daar is reeds vroeër 'n blink toekoms vir hom op die rugbyveld voorspel. Op die oomblik speel hy vir die NWU Arende se eerste span.

Hy is 'n oudleerder van Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) en sy ouers Mary-Ann en Jose Fortuin woon steeds in Pacaltsdor­p.

Hy studeer sedert die begin van verlede jaar aan die NoordwesUn­iversiteit.

Die rugbygogga het hom as jong kind gebyt toe hy nog by Laerskool George-Suid was. Aanvanklik het hy as skrumskake­l begin speel.

Hy het onder meer die o. 12 SWDskolesp­an gehaal en het ook skool gegaan by Hoër Landbousko­ol

Oakdale.

In gr. 11 is hy na die Kwaggas gelok waar hy in 2019 gematrikul­eer het. Na skool was hy eers by die WP-rugbyakade­mie (WPRA) en het later ook vir die OP en Griffons se o. 20-spanne uitgedraf.

Hy was in 2023 ook deel van NWU se Varsitybek­er-span wat die beker gewen het. Hy het ook al die o. 21-span van die Luiperds gehaal.

Maandagaan­d, 15 April, het hy as senter vir die NWU Arende in die halfeindro­nde van die Varsitybek­er teen Ikeys uitgedraf. Ikeys het die wedstryd gewen met 32 - 18.

Fortuin is ongelukkig kort voor die einde van die wedstryd beseer.

Sy ma het Dinsdag gesê hulle as ouers is baie trots op hom. Hy het in 'n kort tyd baie opgang gemaak.

"Ons hou duim vas vir hom en is baie dankbaar vir al die ondersteun­ing wat hy in George kry."

Sy het 'n beroep op mense gedoen om vir hom te gaan stem.

 ?? ?? Matthew Fortuin tydens die wedstryd tussen die FNB Pukke en FNB CUT Ixias in Bloemfonte­in. Foto: Varsity Cup Facebook-blad
Matthew Fortuin tydens die wedstryd tussen die FNB Pukke en FNB CUT Ixias in Bloemfonte­in. Foto: Varsity Cup Facebook-blad
 ?? ?? Skandeer die QR-kode om vir Matthew te stem.
Skandeer die QR-kode om vir Matthew te stem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa