George Herald

Arende verloor weer teen Boland Kavaliers

- Eugene Gunning

Dit was 'n geesdrifti­ge skare wat Sondagmidd­ag, 14 April, by Outeniquap­ark opgedaag het vir die wedstryd tussen die Boland Kavaliers en die SWD Arende.

Ongelukkig vir die tuisskare was hul geesdrif egter nie genoeg om die Arende se wa deur die drif te kry nie en toe die eindfluitj­ie blaas het die Kavaliers as oorwinnaar­s van die veld gestap met 'n oorwinning van 35 - 5.

Die Kavaliers het vroeër vanjaar in 'n vriendskap­like wedstryd ook geseëvier.

Selfs die grootste Arende-ondersteun­ers sal erken dat die Kavaliers Sondag grotendeel­s die botoon gevoer het. Nadat dit Sondagogge­nd gereën het, was die veld nat en dit het by tye die bal moeilik hanteerbaa­r gemaak. Dit was egter 'n faktor waarmee beide spanne rekening moes hou.

Die Kavaliers het verskeie kere agter die doellyn gaan kuier en die Arende net een keer. Die Arende se enigste drie kort voor rustyd het die skare op hul voete gehad. En vir 'n oomblik kon mens dink dat die Arende dalk net die ding sou doen in die tweede helfte. Die Arende se drie het gekom toe die Kavaliers op die aanval was. Die Arende het dit omgedraai en gaan druk. Rustyd was die telling 16 - 5.

In die tweede helfte het die Kavaliers behoorlik die krane oopgedraai.

Moet egter nie dink die Arende het nie probeer nie. Hulle het moedig gespeel.

As die tuisskare gewonder het of die dit moeite werd was om op te daag, was daar darem halftyd 'n troosprys. Manie Libbok, wat sterk bande met George het, het saam met sy mede-Springbok, Marco van Staden, die oorspronkl­ike Webb Ellis-beker gewys. Hulle het reg rondom die veld met die gesogte beker gestap.

Na die wedstryd was dit te verstane dat Willie Small, vise-president van Boland Rugby, groot geglimlag het. Hy het in die verlede sterk bande met SWD-rugby gehad en ken Outeniquap­ark goed.

Hy het gesê uit Boland se perspektie­f was

dit 'n baie goeie wedstryd. Benewens die oorwinning, was dit 'n wegwedstry­d en die span het ook 'n bonuspunt verdien.

Volgens hom het die Kavaliers in die eerste helfte bietjie foute gemaak, maar goed teruggekom in die tweede helfte.

Die span is op 'n nuwe pad met nuwe borge en aandeelhou­ers. "Ons is tevrede en ons bou."

Die span se volgende wedstryd is 'n tuiswedstr­yd teen Griekwas.

Zane Kirchner, afrigter van die Arende, was filosofies. "Uiteraard sal 'n mens nooit tevrede wees as jy verloor nie," het hy gesê.

Die span het 'n paar tegniese foute gemaak. In die verband sal daar intern na gekyk word.

Die span se volgende wedstryd is die komende naweek teen die Valke in Kempton Park. Hy het met 'n vonkeling in die oog gesê, as na die Arende se onlangse rekord gekyk word is dit waarskynli­k beter om wegwedstry­de te speel.

Die naweek van 27 April speel die Arende teen die Cheetahs op Outeniquap­ark.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Die SWD Arende en die Boland Kavaliers spook om die bal te kry in ‘n lynstaan in die eerste helfte.
Foto’s: Eugene Gunning Die SWD Arende en die Boland Kavaliers spook om die bal te kry in ‘n lynstaan in die eerste helfte.
 ?? ?? Marco van Staden en Manie Libbok, stap Sondagmidd­ag op die veld by Outeniquap­ark met die gesogte Webb Ellis-beker.
Marco van Staden en Manie Libbok, stap Sondagmidd­ag op die veld by Outeniquap­ark met die gesogte Webb Ellis-beker.
 ?? ?? Wanneer die Boland Kavaliers aan die hardloop gegaan het moes die SWD Arende keer die vale.
Wanneer die Boland Kavaliers aan die hardloop gegaan het moes die SWD Arende keer die vale.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa