George Herald

Langasem Lloyd, ‘n marathon se baas

- Kristy Kolberg

Was dit nie vir 'n kramp in sy dyspier nie, kon Pacaltsdor­p se eie rysige langasem, Lloyd Bosman (36), perdalks die Totalsport­s Two Oceans-ultramarat­hon in Kaapstad vanjaar gewen het.

Bosman, wat verlede jaar 12de in dié marathon geëindig het, het vanjaar die wedloop van 56 km in 'n tyd van 3:09:58 kaf gedraf, kort op die hakke van die 27-jarige wenner, Onalenna Khonkhobe (3:09:30). Givemore Mudzingany­ama van Zimbabwe, die verdedigen­de kampioen, het sowat twee minute na die eerste twee oor die wenstreep gedraf.

Die wedloop het gedurig van voorlopers gewissel, en dit was eers in die laaste 3 km dat Bosman en sy Nedbank-spanmaat, Khonkhobe in 'n verbete stryd betrokke geraak het. Met omtrent 1 km oor, en Bosman wat met krampe gesukkel het, het Khonkhobe weggebreek en die eindstreep oorgesteek.

"Na Constantia­nek het ek weggebreek en die ouens agtergelos," vertel Bosman. "Toe begin 'n klein kramp in my dyspier. Ek het stadiger gehardloop om die kramp uit my bene te werk, maar hulle [ander atlete] het my steeds nie ingehaal nie. Ek het toe besef dat hulle regtig moeg was," vertel Bosman.

Die stryd met Khonkhobe het volgens Bosman op sowat 53 km van die wedloop begin toe Khonkhobe hom ingehaal het en Bosman, wat steeds met krampe gesukkel het, 'n moeilike besluit moes neem.

"Ek kon kies om teen hom te baklei tot die einde en die kans waag om 'n paar plekke te verloor, óf ’n bietjie terug te hou

en eerder my tweede plek te verseker."

Bosman en sy tribe

Sedert Oktober verlede jaar oefen Bosman en 'n groep vriende, onder andere Elroy Galant, wat hy sy tribe noem, twee keer per dag.

"Ons het onsself ses maande gegee en geoefen vir 10 km, 21 km en die ultra.

Ons het geweet wie hardloop almal die

Two Oceans, so ons moes aanhoudend improvisee­r en het gefokus om vinniger en sterker te word," sê Bosman.

"Die tribe is vir my besonders. Dit was nie ses maande van happy days nie. Ons het nie al die geriewe in Pacaltsdor­p nie, maar ons werk met wat ons het. Ek weet ná hierdie naweek sal mense besef Pacaltsdor­p het een van die beste hardloopgr­oepe in die land. Dit gaan nie nét oor talent nie, dit is die deurslagge­wende dissipline in ons tribe wat ons suksesvol maak."

Hoewel hulle reeds vir 2025 se Two Oceans oefen, is die volgende wedlope waarna Lloyd uitsien die Rhodes Wellington-halfmarath­on en die Nelson Mandelabaa­i-halfmarath­on. Nog wedlope op sy 2024-lysie is die Knysna Forest Marathon en Meiringspo­ort. "Ek wil ook graag vanjaar na Bredasdorp gaan om aan die Voet van Afrika-marathon deel te neem," glimlag Bosman.

 ?? ?? Lloyd Bosman (derde van regs) en sy tribe van Pacaltsdor­p, soos hy hulle noem, oefen twee maal per dag in die reën of die sonskyn. Van links is Davian Johan Jacobs, C-Jay Hardnick, Selwyn Matthews, Bruce Maboza en EJ Pieterse. Foto: Kristy Kolberg
Lloyd Bosman (derde van regs) en sy tribe van Pacaltsdor­p, soos hy hulle noem, oefen twee maal per dag in die reën of die sonskyn. Van links is Davian Johan Jacobs, C-Jay Hardnick, Selwyn Matthews, Bruce Maboza en EJ Pieterse. Foto: Kristy Kolberg
 ?? ?? Lloyd het dwarsdeur die wedloop sterk gelyk. Hy het egter in die laaste 3 km krampe in sy dyspier gekry. Foto: Tobias Ginsberg, Totalsport­s Two Oceans Marathon
Lloyd het dwarsdeur die wedloop sterk gelyk. Hy het egter in die laaste 3 km krampe in sy dyspier gekry. Foto: Tobias Ginsberg, Totalsport­s Two Oceans Marathon

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa