George Herald

Zille spel uit wat DA kan doen na verkiesing

- Eugene Gunning

Presiese duidelikhe­id oor met wie die DA bereid sal wees om saam te werk na die verkiesing op 29 Mei, sal eers vroeg in Junie verkry word. Dit het aan die lig gekom Saterdag 20 April toe Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, sakeleiers en ondersteun­ers van die party in George toegespree­k het. Dit is benewens die partye wat by die Veelpartyh­andves betrokke is.

Zille het eers aangedui waarom sy glo kiesers moet vir die DA stem. Tydens vraetyd het sy gereageer op 'n vraag van George Herald, naamlik wat sal gebeur as die DA nasionaal nie 'n volstrekte meerderhei­d behaal nie en of die party bereid sal wees om in 'n sogenaamde regering van nasionale eenheid (RNE) saam met die ANC te sit.

Sy het benadruk dat 'n mens voor 'n verkiesing nooit kan sê wat die uitslag of die verskillen­de permutasie­s gaan wees nie.

"Daar is baie, baie verskillen­de moontlikhe­de wat uit die verkiesing kan kom," het sy gesê.

Eerstens is daar die provinsies. In Gauteng lyk dit of die ANC onder 50% steun gaan kry.

Die Veelpartyh­andves gaan baie hard werk om meer as 50% van die stemme te kry vir 'n koalisie wat deur die DA gelei word.

As die ANC tot onder 50% daal in KwaZulu-Natal, is die vraag of die IVP se magsbasis sterk genoeg gaan wees om 'n koalisie met die DA te vorm.

Daar is verskillen­de moontlikhe­de op nasionale vlak as die ANC onder 50% daal. Sy het gesê die ANC moet nooit onderskat word nie.

Dalk kry die ANC twee van sy volmagpart­ye (proxy) soos die PA en onafhankli­ke kandidate om hom oor die 50% te neem.

'n Ander scenario is dat die ANC 45% van die stemme kry. Die vraag is dan watter partye die ANC kan help om hulle die 7% steun te gee om oor die 50% te kom. Dis moontlik dat hulle na die IVP sal kyk.

Sou die ANC se steun tot onder 45% daal, is daar ander omstandigh­ede. "As President Cyril Ramaphosa dan bly, wat ek nie dink moontlik is nie, sal hy dalk 'n RNE wil vestig.

Dit sal soos in 1994 wees toe President Nelson Mandela verskillen­de partye gevra het om die RNE te vorm."

As die ANC onder 45% kry en hulle skop Ramaphosa uit, skep dit ook ander omstandigh­ede. Dan kan die huidige adjunkpres­ident, Paul Mashatile, president word.

Volgens Zille sal dit baie dom wees om hulle nou tot enigiets te verbind.

Die beste uit die DA se oogpunt is dat hy die meerdheids­party word. Die tweede beste opsie is waar die Veelpartyh­andves die regering oorneem.

Zille het gesê sy is nie die DAleier nie, en al was sy, neem sy nie sulke besluite nie. Daar is strukture in die party wat daarna kyk. Die DA se federale raad vergader op 3 Junie, 'n paar dae na die verkiesing en sal dan al die opsies oorweeg.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Helen Zille
Foto: Eugene Gunning Helen Zille

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa