George Herald

Pain Collective maak klinieke in George en Knysna oop

-

Dr. Adriaan Liebenberg, ’n neurochiru­rg wat spesialise­er in die behandelin­g van rug-, nek-, heup-, knie- en hoofpyn sonder om operasies te doen, het homself onlangs in die Tuinroete gevestig.

Hy is die direkteur van Pain Collective wat bestaan uit ’n netwerk van interdissi­plinêre klinieke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng.

Liebenberg het nuwe klinieke in George en Knysna gevestig en is reeds aktief besig om pasiënte in die area te sien. Tans konsulteer hy uit die kamers van CAW Biokinetic­i in Groenkloof in George en vanaf die Advanced-daghospita­al in Knysna.

Pain Collective is besig om ‘n splinternu­we kliniek te bou in Eden Business Park, agter die winkelsent­rum in George.

Liebenberg het medies studeer aan die Universite­it van Stellenbos­ch en het ook sy spesialisg­raad in neurochiru­rgie by Maties voltooi.

Hy het in verskeie eenhede oorsee gewerk en het verdere opleiding in neurochiru­rgie deurloop in Brittanje, waar hy ook verskeie

navorsings­projekte begin het.

Hy het reg oor die wêreld voordragte op internasio­nale kongresse aangebied. Hy is ook die outeur van verskeie teksboeke in neurochiru­rgie.

Liebenberg is in privaat praktyk sedert Augustus 2005 en het in Panorama en Paarl gepraktise­er.

Liebenberg en sy vrou, Jolandi, het hulle in Wilderness gevestig en geniet valmskerms­weef, stap, golfski, bergfiets, motorfiets­ritte en kayak.

Afsprake met Liebenberg by Pain

Collective kan gemaak word by 087 550 0644 of info@healthcoll­ectiveheal.com

Besoek die webwerwe, thepaincol­lective. com en www.adriaanlie­benberg.co.za, vir meer inligting.

Dr. Liebenberg het nuwe klinieke in George en Knysna gevestig en is reeds aktief besig om pasiënte in die area te sien.

 ?? ?? Dr. Adriaan Liebenberg en sy vrou, Jolandi.
Dr. Adriaan Liebenberg en sy vrou, Jolandi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa