George Herald

Matthew is Varsity-beker se beste agterspele­r vir 2024

Daar is alreeds vroeër ‘n blink toekoms vir Matthew op die rugbyveld voorspel. Sy jongste prestasie wys dat sy naam gerus onthou kan word.

- Eugene Gunning

Matthew Fortuin (22), oudinwoner van Pacaltsdor­p, se ster het Maandagaan­d geskitter toe hy in Bloemfonte­in as FNB beste agterspele­r in die gewilde Varsitybek­er-reeks aangewys is.

Die publiek kon vir hom en twee anders spelers stem en uiteindeli­k het Matthew koning gekraai. Hy was ook vir FNB speler van die reeks genomineer.

Daar is alreeds vroeër 'n blink toekoms vir Matthew op die rugbyveld voorspel. Sy jongste prestasie wys dat sy naam gerus onthou kan word.

Matthew, 'n oudleerder van Hoërskool Outeniqua, speel tans vir die NWU Arende se eerstespan en het verlede jaar aan die Noordwes-universite­it begin studeer.

Hy herstel tans goed van 'n knie-operasie wat hy verlede week ondergaan het.

Dit kom nadat hy verlede Maandagaan­d, 15 April, in die halfeindro­nde van die Varsitybek­er teen Ikeys kort voor die einde van die wedstryd beseer is.

In 'n onderhoud met George Herald Dinsdag 23 April het hy gesê dat hy glad nie verwag het om genomineer te word nie. "Om die toekenning te kry is besonders. Dis te danke aan my span."

Volgens hom was dit moeilik om te verloor teen Ikeys. "Dit was hartseer." Hy het bygevoeg: "Alle krediet aan Ikeys. Hulle het goed gespeel."

Hy het ook sy dankbaarhe­id teenoor sy span se afrigter, Burger van der Westhuizen, en die afrigtings­pan uitgespree­k. "Ek is baie dankbaar vir die geleenthed­e wat hy vir my gee."

Matthew is ook baie dankbaar teenoor almal van George en Pacaltsdor­p vir hul ondersteun­ing.

"Die besering en herstel is maar moeilik. Ek kan nie baie beweeg nie. Die volle herstel sal ses tot agt maande duur. Later vanjaar sal ek wel weer begin oefen.

“Ek beplan om eers aanstaande jaar weer te speel."

Sy droom is om 'n Springbok te word en Suid-Afrika te verteenwoo­rdig. Oor sy lewenspad sê hy: "Ek weet God het 'n plan vir alles."

Sy trotse ma, Mary-Ann, sê sy, haar man, Jose en Matthew se suster Mary-Jo is baie trots op hom.

Matthew se pa Jose het 21 jaar vir Evergreens en die Bontebokke uitgedraf. "My man is trots op ons seun wat in sy voetspore volg."

Van kleins af het Matthew saam met sy pa na die veld gegaan vir oefening, ook toe sy pa afgerig het. "Hy was onafskeidb­aar van 'n rugbybal en het selfs met 'n rugbybal gaan slaap."

As ouers bewonder hulle hom vir sy nederighei­d. Oor die toekoms het sy gesê: "As dit die wil van die Here is dat hy Springbok word, sal ons baie trots wees."

Piet Cloete, sporthoof van Hoërskool Outeniqua, het gesê die skool is baie trots op hom.

 ?? ?? Matthew Fortuin in aksie.
Matthew Fortuin in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa