George Herald

R50 000 vir gewilde marathon

-

Die George Outeniquam­arathon wat komende Saterdag, 27 April plaasvind, het 'n welkome inspuiting van R50 000 van die dorp se burgemeest­er, Leon van Wyk, ontvang. Georgemuni­sipaliteit is 'n vennoot van die jaarlikse wedloop wat oor die afgelope 40 jaar ál meer gewild geraak het.Volgens Duppie du Preez, president van Outeniqua Harriers, is die geleenthei­d 'n belangrike wedloop op die kalender van SWD-atletiek en die marathon van 42,2 km dien as die heel laaste kans vir atlete om vir die Comrades-marathon te kwalifisee­r.

Van Wyk het gesê die wedloop is legendarie­s en vind plaas langs die mooiste roetes in die land met uitsigte op die berge, bos en see asook die Tuinroeted­am wat 100% vol is. Hy het gesê die munisipali­teit is 'n trotse vennoot in die wedloop en ondersteun die gebeurteni­s uit die geleenthed­ebegroting.

Atlete van oor die hele SuidAfrika neem deel en die wedloop het in 2023 bykans 1 000 atlete getrek. Hy het gesê hoewel 2024 se wedloop nie oor 'n langnaweek plaasvind nie, hoop Outeniqua Harriers steeds dat atlete weer in getalle sal opdaag.

Daar is drie verskillen­de wedlope, 'n 42,2 km, 21,1 km en 10 km.

Die 42,2 km begin by die

Trail Kiosk in Camphersdr­ift om 07:00, die 21,1 km by die Tuinroeted­am om 08:00 en die 10 km by die Wilderness Commonage (oop ruimte oorkant die Wilderness Hotel) om 08:00. Al die wedlope word voltooi by die Wilderness Commonage.

Aanlyninkr­ywings vir die wedloop het reeds gesluit, maar laat inskrywing­s kan steeds

Vrydagmidd­ag, 26 April vanaf 16:00 tot 21:00 by die Trail Kiosk voltooi word vir al drie wedlope. Atlete kan nog Saterdagog­gend vanaf 07:00 inskryf vir die 10 km in Wilderness.

Prysgeld is beskikbaar aan kategoriew­enners en medaljes aan alle atlete wat die wedloop voltooi.

Daar is verskeie gelukstrek­kings met amper 20 paar skoene van

Pivot en Mount CO asook groot verblyfpry­se van Lovain Gasteplaas en ander plaaslike besighede.

Vir enige verdere navrae, kontak Esme Boshoff by 084 499 7753.

 ?? Foto: Deidre Cloete ?? Saam-saam die bultjie op, Outeniqua Harriers-atlete (in geel) Maurtis van Rensburg en Bianca Brent, saam met Joan van Wyngaard (links) en Daniël Stevens (albei van Nedbank-atletiekkl­ub), tydens verlede jaar se marathon.
Foto: Deidre Cloete Saam-saam die bultjie op, Outeniqua Harriers-atlete (in geel) Maurtis van Rensburg en Bianca Brent, saam met Joan van Wyngaard (links) en Daniël Stevens (albei van Nedbank-atletiekkl­ub), tydens verlede jaar se marathon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa