George Herald

Reggie Booysen vier 40 jaar by Group Editors

- Alida de Beer

'n Getroue werknemer van Group Editors, Reggie (Reginald) Booysen (59), is vanjaar 40 jaar deel van die maatskappy.

Hy onthou hoe hy as 19-jarige op 1 Mei 1984 by die destydse George and KnysnaPlet­t Herald ingeval het. Die rolpers was toe nog in Yorkstraat agter die George Printing Company naby die Outeniqua Hotel geleë. Sy pa, Henry, wat langsaan by die oogkundige, Dave Weldon, gewerk het, het koerant se eienaar, Peter Moolman genader om te hoor of hy dalk werk vir sy seun het. "Mnr. Moolman het dadelik gesê dis reg, hulle het iemand nodig, en daar het ek toe my werk gevind."

Dit was in dieselfde jaar wat die koerant verdeel is in George Herald en Knysna-Plett

Herald.

Reggie vertel van daardie dae: "Ek onthou nog hoe mnr. Moolman met die rolle papier op 'n vurkhyser in Yorkstraat afgery het van 'n stoor af wat ons naby Markstraat gehad het.

“Hy het dit gewoonlik rondom toemaaktyd aangery. Ons het toe ook nog nie self die foto's ontwikkel nie. Ek moes tussen ons destydse kantoor, Yorkstraat 72 en George Printing draf om die foto's ontwikkel te kry. Dit was partykeer sommer in die donker onder die straatligt­e deur."

Reggie was deel van die afdeling wat die koerantbla­aie fisies moes saamstel.

"Ek het my vakleerlin­gskap voltooi en gekwalifis­eer. Ons het nog die papierkopi­e op 'n ligtafel gesny, gegom en geplak voordat dit deur die reproduksi­ekamera op film vasgelê is. Daarna het ons die plate gemaak. Dit was harde werk en 'n baie omslagtige en tydrowende proses. Ons het soms tot 02:00 in die oggende gewerk.

“Met vandag se tegnologie is dit tonne makliker," vertel hy.

Hy het later ook in die donkerkame­r gewerk waar slegs swart-en-wit foto's ontwikkel kon word.

"Ons het destyds nie kleurfoto's gedruk nie. Dit het eers later gekom en is ook geleidelik ingefaseer met net die voorbladfo­to wat aanvanklik in kleur gedruk is."

Reggie het sy kinderjare deurgebrin­g in Watsonsdor­p wat in die Heatherlan­dsomgewing naby die destydse Hawthornde­ne Hotel geleë was. Op 11-jarige ouderdom, met die inwerkings­telling van die Groepsgebi­edewet, moes hulle en ander gesinne daar wegtrek.

Die Booysens het in Pacaltsdor­p gaan woon, en dis waar Reggie steeds bly.

Group Editors se uitvoerend­e hoof, Servaas de Kock, het hom bedank vir sy lojaliteit en toewyding.

"Namens die direksie, bestuurspa­n en almal by Group Editors, baie, baie geluk. Dankie vir wat jy beteken en doen vir Group Editors en mag daar nog baie gesonde werksjare vir jou wees."

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Group Editors se uitvoerend­e hoof, Servaas de Kock, en Reggie Booysen by die drukkery.
Foto: Michelle Pienaar Group Editors se uitvoerend­e hoof, Servaas de Kock, en Reggie Booysen by die drukkery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa