George Herald

Moederkerk gons oor afdanking van Finkom

- Eugene Gunning

Dit gons oor die afdanking van die finansiële kommitee by die NG Moedergeme­ente in George. Talle prominente mense in George het op die komitee gedien. Onder hulle is Flip de Swardt, 'n voormalige burgemeest­er, Tommie Smook, 'n voormalige hoof van Hoërskool Outeniqua en ds. Les Hayward, bekende predikant. De Swardt was voorsitter van die komitee.

George Herald het inligting daaroor ontvang en verder navraag gedoen. Na verneem word is van die afgedankte lede veral erg omgekrap oor die wyse waarop dit gedoen is. Die afgedankte lede het verskeie gesprekke probeer voer om vas te stel wat aan die gang is. Hulle is Dinsdagogg­end, 30 April, ingelig dat die kerkraad die saak as afgehandel beskou en dat hulle daarby moet berus.

Die komitee is 'n kommissie van die kerkraad en bestuur onder meer die finansies van die gemeente. Die komitee is onderhewig aan eksterne ouditering.

Joubert Theart, voorsitter van die kerkraad, het vroeër in antwoord op George Herald se navraag net 'n kort boodskap gestuur. Dit lui onder meer: "Dankie vir jou navraag. Ons as dagbestuur van ons kerkraad voel dat ons nie kommentaar wil lewer oor ons gemeente se binnewerke nie, aangesien dit privaat aangeleent­hede is."

Lede van die afgedankte komitee het egter Dinsdag 30 April 'n verklaring beskikbaar gestel.

Die verklaring lui:

1. Ontvang op 27 Maart, net voor die Paasnaweek, 'n e-pos van Joubert Theart, voorsitter van die Kerkraad, waarin die Kerkraad die Finkom ontbind.

Die voorsitter van die Finkom is reeds vroeër in die dag, sonder sy medewete of verduideli­king, toegang tot die Gemeente se rekeninge elektronie­s ontsê.

2. Die Kerkraad het nie die Gemeente hieroor, of die redes waarom, ingelig nie. As gevolg daarvan is die lede van die Finkom onder verdenking geplaas.

3. Die voormalige Finkom-lede is werklik trots op hul funksioner­ing en hul rekord. Nie net is die Gemeente se finansiële toestand

tans kerngesond nie, maar dit kon ook ander NG Gemeentes in die Ring finansieel ondersteun.

4. Die voormalige Finkom het die Kerkraad, voor elke vergaderin­g volledig van alle finansiële state voorsien. Die Kerkraad se kommissies funksionee­r volgens bepaalde regselemen­te wat deur die Kerkraad goedgekeur is. Daar is van die ander kommissies wat nie daarvolgen­s saamgestel of funksionee­r nie. Tog tree die Kerkraad nie teen diesulkes op nie.

5. Die jaarlikse geouditeer­de state het nooit getoon dat die voormalige Finkom van die voorgeskre­we prosedures afgewyk het nie. Die eksterne ouditeure was ook altyd tevrede met die voormalige Finkom se bestuur van die Gemeente se finansies.

6. Die aanbevelin­gs van die voormalige Finkom aan die Kerkraad was altyd op die Gemeente se finansiële posisie en gesonde beginsels gegrond. Sommige van hierdie aanbevelin­gs is egter deur sommige lede van die Kerkraad as negatief ervaar en omdat hulle "nie van die boodskap gehou het nie, het hulle die boodskappe­r deur middel van 'n sluipmoord verwyder".

7. Die wyse waarop die Kerkraad die

Finkom ontbind het, is onaanvaarb­aar. Desondanks herhaalde versoeke en uitnodigin­gs tot gesprekvoe­ring het dit nie plaasgevin­d nie. Geen poging tot versoening, wat tog die Christelik­e weg is, is deur die Kerkraad of die leraars gevolg nie. As gevolg hiervan is interperso­onlike verhouding­s en die Koninkryks­werk in ons Gemeente skade berokken.

8. Na die Finkom se ontbinding op 27 Maart het die voormalige lede van die Finkom herhaalde versoeke vir gesprekvoe­ring tot die Kerkraad gerig en hul selfs tot meerdere kerkliggam­e, oudleraars en simpatieke lidmate gewend. Christelik­e beginsels is eenvoudig oorboord gegooi.

9. Die rede waarom die Kerkraad nie verder met die voormalige Finkom in gesprek wil tree nie, kan tweeledig wees. Eerstens het hulle nie bevredigen­de antwoorde op alle vrae nie.

Tweedens is hulle bevrees dat sekere aangeleent­hede, soos byvoorbeel­d belangebot­sings en die wyse waarop die gemeente finansieel bestuur word, daardeur

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die voormalige lede van die Finansiële Komitee van die NG Moedergeme­ente in George, is hoogs ontstoke oor hulle afdanking.
Foto: Eugene Gunning Die voormalige lede van die Finansiële Komitee van die NG Moedergeme­ente in George, is hoogs ontstoke oor hulle afdanking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa