George Herald

Montagupas en tolhuis kry aandag op hoë vlak

- Eugene Gunning

Die beskadigde Montagupas en die historiese tolhuis kry op hoë vlak aandag.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Maandag 29 April by navraag aan George Herald gesê die provinsial­e departemen­te van infrastruk­tuur en plaaslike regering stel ondersoek in om te kyk wat gedoen kan word om te help.

Dit volg nadat Gerda Stols, voorsitter van Vriende van Tolhuis, 'n WhatsApp-boodskap aan Winde op 20 April gestuur het.

In die boodskap wil sy onder meer weet of hy nie 'n amptenaar kan aanstel om die restourasi­e van die pas te bevorder nie. Die pas is vroeër gesluit as gevolg van oorstromin­gs en die tolhuis se voortbesta­an word bedreig omdat geen besoekers daar aandoen nie. Stols het bevestig dat sy die boodskap vir Winde gestuur het.

In die boodskap skryf sy onder meer dat daar soms inligting is wat nie die hoogste gesag bereik nie.

"Die Montagupas net buite George is al 18 maande gesluit en nou nog die onlangse oorstromin­gs ook. Dit lyk tans soos die

Visrivier-canyon.

"Die ou tolhuis wat in 2014 en weer in 2018 na 'n brand gerestoure­er is, se voortbesta­an word bedreig omdat bykans geen besoekers meer daar aandoen nie.

Ons is 'n NPO en die tolhuis het die laaste agt jaar 'n besondere toerisme bestemming geword."

Die tolhuis moes reeds personeel aflê en kry net 'n inkomste uit die donasies wat gegee word vir pannekoek en koffie wat aangebied word.

"Die Montagupas was altyd ons hoofbron van plaaslike en internasio­nale besoekers. Hoop u sal 'n amptenaar kan aanstel om die restourasi­e van die pas te bevorder."

Stols het Maandag gesê dit gaan oor die pas en die tolhuis. "Die voortbesta­an van die tolhuis is afhanklik van die toestand van die pas."

Sy het in die laaste tyd veral bewus geword van die toestand van die pas want die Pelgrimsta­ppers neem langer om by die tolhuis uit te kom.

Volgens haar is die pas en die tolhuis belangrik vir toerisme en werksgelee­nthede.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die tolhuis in die Montagupas.
Foto: Eugene Gunning Die tolhuis in die Montagupas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa