George Herald

7de Herfs-bonsaifees ‘n groot sukses

- Alida de Beer

Ongeveer 40 bonsaigees­driftiges het die Kat Rivier Kai-bonsaiklub se sewende jaarlikse Herfs-bonsaifees (oftewel ABF - Autumn Bonsai Festival) die afgelope naweek by George Kwekery bygewoon.

Aanbieders het van so ver as KwaZulu-Natal, Ceres, Bloemfonte­in en Kaapstad gekom en besoekers het hul bome saamgebrin­g sodat daar ongeveer 30 bome op uitstallin­g was. Dit was 'n groot sukses en baie leersaam met agt ervare bonsaikenn­ers wat demonstras­ies en praatjies gehou het.

Die eerste fees is 10 jaar gelede gehou, maar weens die Covidpande­mie kon dit vir drie jaar nie plaasvind nie. Vanjaar se tema,

'Into Africa', was 'n tipe vervolg op verlede jaar se 'Back to Africa'. Die idee van die tema was om tegnieke te demonstree­r waarmee 'n egte Afrika-gevoel in jou bonsaiboom geïnkorpor­eer word.

Dis 'n tendens wat die klubvoorsi­tter, Tobie Kleynhans, geïnisieer het en graag aanmoedig.

"Ons is in Afrika en het wonderlike inheemse bome, maar ek glo dat wanneer ons hier op tuisbodem 'n bonsai skep, dit nie 'n nabootsing behoort te wees van Japannese of Chinese style nie. Dit moet

Afrika weerspieël, of 'n mens nou 'n inheemse of uitheemse spesie gebruik," het hy gesê.

"Aanvanklik is 'n Afrika-styl beskou as 'n sambreelvo­rmige boom, maar dis eintlik soveel meer. Wat jy wil weergee is die gevoel van 'n oop landskap met wyd uitgestrek­te spasies. Afrika-bome kry dikwels swaar weens droogte en wind, en daar is baie keer dierskade aan die stamme of mierneste in of naby die boom. Dis aspekte wat 'n mens kan weergee in 'n bonsaiboom. Ons kan ook baie meer fokus op inheemse bome."

Om 'n boom 'n eg Afrika-gevoel te gee, kan 'n gedeelte van die bas afgetrek word, jy kan sorg dat die onderste takke doodgaan, of die boom so stileer dat dit windverwaa­i lyk. "Die gebruik van 'n gepaste

grondbedek­king en items soos miniatuurw­indpompies, plastiekdi­erefiguurt­jies of modelkarre­tjies wat 'n mens met 'n Afrika-landskap sal assosieer, is alles elemente wat ingebring kan word," het Kleynhans, wat ook as demonstree­rder opgetree het, gesê.

Nog 'n aanbieder, Willem Pretorius van Somerset-Wes, het agterna in 'n dankie brief aan Kat Rivier Kai gesê die Herfsfees is 'n wonderlike tradisie.

"Dit laat elke jaar die kreatiewe sappe weer lekker deur die bonsaigeme­enskap vloei. Die aanbieders kry dit elke jaar reg om werklik interessan­te aspekte van ons stokperdji­e innoverend te belig. Die bome op die skou het my weer met nuwe oë na my eie bome laat kyk. Ek vind ook die bespreking van die skoubome baie goed aangesien dit 'n mens deur ander se oë laat kyk en nuwe insigte laat kry. Dit word op so 'n volwasse manier gedoen dat mense bereid is om spontaan hulle menings te lug. En daar word na almal geluister.

"Vanjaar het soveel aanbieders met slim planne gekom om oplossings te gee vir goed waarmee ons almal worstel. Boonop is dit lekker om weer ou en nuwe bonsaivrie­nde te ontmoet en ontspanne om 'n glasie te kuier. Ek klink 'n glasie op die organiseer­ders."

Die ander aanbieders was André Swart (ondervoors­itter van Kat Rivier Kai), Neville Wilkins (KwaZulu-Natal), Emile de Bruin (Ceres), Vian Herbst (Bloemfonte­in), Dawn Collier (Bloubergst­rand) en Robbie Leggart (Plettenber­gbaai).

Dit laat elke jaar die kreatiewe sappe weer lekker deur die bonsaigeme­enskap vloei.

 ?? ?? Daar was ongeveer 30 bome op uitstallin­g.
Daar was ongeveer 30 bome op uitstallin­g.
 ?? ?? André Swart was een van die aanbieders.
André Swart was een van die aanbieders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa