George Herald

Leerders daag op om vullis op te tel vir Keep George Clean-inisiatief

- Alida de Beer

'n Groep kinders van Van Kervel Skool, Glenwood House School en Hoërskool Outeniqua het hulle gewig die afgelope naweek ingegooi agter pogings van die Keep George Clean-inisiatief om rommel in sekere dele van George op te tel.

"Dit was 'n riem onder die hart om te sien hoe opgewonde die kinders was om te help," sê Charl Marais, wat die inisiatief onlangs van stapel gestuur het.

'n Skoon omgewing begroet na dese passasiers van die Powervan, een van George se groot toeristeaa­ntreklikhe­de. Op Saterdag 27 April was dit die derde keer in drie maande dat die treinpoors­erwituut van die treinstasi­e af tot by die Tuinroete Botaniese Tuine skoongemaa­k is.

"Hierdie keer was daar baie minder vullis en net 30 sakke is opgetel terwyl spanne die vorige kere tussen 60 en 70 sakke gevul het. In die drie maande sedert ons begin het, het ons in totaal omtrent so 170 sakke in die serwituut opgetel," sê Marais.

Die groep kinders daag nou ander skole en leerders uit om ook skoonmaaka­ksies te begin en Marais vra dat besighede ook deel word van hulle pogings. "Ons het almal se samewerkin­g nodig. Besighede kan ambassadeu­rs van die inisiatief word. Ons rig dan 'n bordjie op by hulle besigheid met die Keep George Clean-logo en vra hulle ook om die logo op hul e-pos en sosiale platforms te gebruik. Ek vra almal om seker te maak dis skoon rondom jou in jou eie omgewing, van jou voordeur tot in die straat. Maak jou buurman skaam as papiere rondlê en jy tel dit voor sy huis op. Dit vat net 'n klein bietjie moeite en onmiddelli­k het jy 'n netjiese omgewing. Ons bly in so 'n mooi dorp. Kom ons hou dit skoon."

Mense wat belangstel om hand by te sit, word genooi om komende Saterdagog­gend om 08:30 bymekaar te kom op die hoek van Knysnaweg en Missionstr­aat vanwaar hulle in Industrial­straat sal afbeweeg om vullis op te tel.

Bel Charl Marais by 083 630 3377 vir meer inligting of besoek Keep George Clean se Facebook-blad.

 ?? ?? BO: Daar was leerders van Van Kervel, Glenwood House en Hoërskool Outeniqua. Van links staan Adriaan de Beer, Arno de Jager, Manfred Borne, Joshua de Beer, Olivia Farrel, Bailee Nell, Julia van Koller (Precast Panel Products), Grieta Stuurman (Precast Panel Products), Nicholaas Taole (Powervan), Jacques de Beer en Joshua de Beer (DJ Abominix).
BO: Daar was leerders van Van Kervel, Glenwood House en Hoërskool Outeniqua. Van links staan Adriaan de Beer, Arno de Jager, Manfred Borne, Joshua de Beer, Olivia Farrel, Bailee Nell, Julia van Koller (Precast Panel Products), Grieta Stuurman (Precast Panel Products), Nicholaas Taole (Powervan), Jacques de Beer en Joshua de Beer (DJ Abominix).
 ?? ?? REGS: ‘n Mens haal sommer vryer asem in so ‘n netjiese omgewing.
REGS: ‘n Mens haal sommer vryer asem in so ‘n netjiese omgewing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa