George Herald

SWD Arende val vas teen Vrystaat Cheetahs

- Eugene Gunning

Toe die SWD Arende Saterdag 27 April binne die eerste paar minute van die SA Bekerwedst­ryd op Outeniquap­ark 'n drie teen die Vrystaat Cheetahs gaan druk, het die tuisskare dalk kon dink, “Hier kom 'n ding!” Die Cheetahs is immers die 2023 Curriebeke­rkampioene.

Dit was egter toe nie so nie en die Cheetahs het 'n paar minute later teruggesla­an en agter die doellyn gaan kuier. Na 12 minute was die telling sewe elk.

Die Cheetahs het toe geleidelik beheer van die wedstryd geneem. Toe die rustydflui­tjie blaas was die Cheetahs 24 - 7 voor.

In die tweede helfte het dit gelyk of die Arende met ekstra geesdrif speel. In die

24ste minuut van die tweede helfte het die tuisskare rasend geword toe Mpho Ntsane 'n baie goeie drie vir die Arende gedruk het. Dit was nadat die Arende 'n fout deur die Cheetahs uitgebuit het.

Uiteindeli­k het die Cheetahs te veel skietgoed vir die SWD Arende gehad. Die Vrystaatse span het agt keer agter die doellyn gaan kuier.

Vir die Arende het dinge nie altyd klopdissel­boom gegaan nie en hulle het drie geelkaarte gekry. In een stadium was daar net 13 van die Arende se spelers op die veld.

Die Cheetahs het ongelukkig hul doel bereik deur die SWD Arende met 46 - 14 te klop.

Na die wedstryd het Janneman Stander, kaptein van die Arende, gesê hy is trots op die manne oor hoe hulle gespeel het. Hulle sal die week voorberei vir Saterdag 4 Mei se wedstryd teen die Griffons.

Volgens hom het die Arende vooraf vir hulself gesê om nie die Cheetahs te onderskat nie. "Ons het met die doel uitgekom om vir die mense van George te wys wie die Arende is." Dinge het nie altyd in plek geval vir die Arende nie, maar het hy bygevoeg: ''Ons het ons man gestaan."

Frans Steyn, direkteur van Vrystaatru­gby, was na die wedstryd duidelik nie baie beïndruk met sy span se vertoning nie. "Ons is nie so erg tevrede hoe ons gespeel het nie."

Steyn, een van die meer ervarenes op die oomblik in Suid-Afrikaanse rugby, het gesê dis 'n bouproses.

"Ons gee onsself 'n kans."

Volgens Steyn het die span foute op onnodige plekke gemaak. Die span het wel gewen.

Die Cheetahs se volgende wedstryd is teen die Valke. Van die Cheetah-spelers is beseer en daar sal planne gemaak moet word. Hopelik sal van die spelers wat aan die Varsity-beker deelgeneem het betrek word.

Die Arende speel Saterdag teen die Griffons op Outeniquap­ark en begin om 14:30.

 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? Rosco Syster gee die bal uit kort voor die eerste drie teen die Cheetahs gedruk is.
Foto’s: Kristy Kolberg Rosco Syster gee die bal uit kort voor die eerste drie teen die Cheetahs gedruk is.
 ?? ?? Ongetwyfel­d die grootste Cheetah-ondersteun­ers. Gerrie Snyman en Jan Olivier het al die pad uit Oudtshoorn kom kyk.
Ongetwyfel­d die grootste Cheetah-ondersteun­ers. Gerrie Snyman en Jan Olivier het al die pad uit Oudtshoorn kom kyk.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die een is myne. Tyrone Rose, (regs) slot van die Arende rank vir die bal.
Foto: Eugene Gunning Die een is myne. Tyrone Rose, (regs) slot van die Arende rank vir die bal.
 ?? ?? Kurtley Muller (8) het saam met Janneman Stander uitgedraf.
Kurtley Muller (8) het saam met Janneman Stander uitgedraf.
 ?? ?? Josh Vermeulen nael agter die bal aan.
Josh Vermeulen nael agter die bal aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa