George Herald

Vasgekeerd­e man gebruik selfoon om te kommunikee­r

“Ek was die hele tyd met hom [Delvin] en een van die reddingswe­rkers in verbinding. Ek het geweet daar is hoop, dat my seun leef en dat hy enige oomblik daar sou uitkom.”

- Kristy Kolberg

“Ek het gewéét my kind gaan enige oomblik daar uitkom, dit was net 'n kwessie van tyd.” Só het 'n baie verligte Deon Safers gesê ná sy seun, Delvin (29) op Dinsdag 7 Mei uit die puin van die ineengesto­rte gebou in Victoriast­raat gered is.

Hy was een van 'n span van vyf elektrisië­ns van Terayne Electrical Maintenanc­e wat op die bouperseel gewerk het. Sy kollegas is nog vasgekeer.

Delvin, wat vir byna 30 uur onder die bourommel vasgekeer was, het gelukkig sy selfoon by hom gehad en kon deurentyd met sy pa en reddingswe­rkers in verbinding tree.

"Ek was die hele tyd met hom [Delvin] en een van die reddingswe­rkers in verbinding. Ek het geweet daar is hoop, dat my seun leef en dat hy enige oomblik daar sou uitkom," het sy pa gesê.

Deon kon nie Woensdagog­gend die woorde bymekaarsi­t om te begín verduideli­k hoe verheug hy was dat sy seun lewend onder die puin gered kon word nie.

"'n Mens is natuurlik baie bly, maar ek kan amper nie beskryf hoe ek op daardie oomblik gevoel het nie. Ek was baie excited en daar was 'n klomp deurmekaar emosies."

Hy vertel dat sy seun al aan baie geboue gewerk het.

"Hy het Dinsdagaan­d vir my gesê dat hy nooit sou kon droom dat een op hom sou neerstort nie. Hy was nog baie moeg en getraumati­seerd gisteraand en het ook gekla oor vreeslike pyn in sy bene," het Deon Woensdagog­gend gesê.

Terwyl hy vasgevang was tussen die sement en staal, moes Delvin sy foon by tye afskakel om die battery te spaar. "Maandagnag toe is sy foon se battery op 10%," vertel Deon. "Maar dáái 10% het hom deurgedra na die volgende dag toe, en hy kon nog boodskappe stuur. Dit was net die Here se genade."

Deon het Dinsdagaan­d, ná hy van die hospitaal af gekom het, by die toneel gestop om tot verhaal te kom. "Toe ek terugkom op die toneel het ek vir myself gesê dat dit nét 'n wonderwerk was dat my kind lewend daar uitgekom het. Hulle het vir my gesê dat daar langs hom 'n groot betonblok gelê het wat hom met sentimeter­s gemis het. As die blok op hom geval het, was hy beslis dood."

Volgens sy pa het Delvin kneusplekk­e aan sy gesig en kop opgedoen. Hy sterk tans in die George-hospitaal aan.

Wayne Hodgson, eienaar van Terayne Electrical, het sy dankbaarhe­id uitgespree­k teenoor al die reddingswe­rkers en vrywillige­rs wat by die ramp betrokke is en gehelp het om Delvin lewend van onder die puin te red.

"Dit was 'n baie lang proses, maar ons moes baie risikofakt­ore, en die gewig op die blad waaronder Delvin vasgekeer was, in ag neem. Ons is bly hy kon gered word en uit my hart uit bedank ek al die reddingswe­rkers en vrywillige­rs vir hulle eindelose ondersteun­ing."

Delvin se bestuurder, Jannie Laufs, was verheug oor Delvin se redding, maar moes met gemengde gevoelens worstel.

"Dit is maar 'n bitter-soet gevoel. Ek is dankbaar dat Delvin gered kon word. Hy is 'n ware yster en kon ons die heeltyd op hoogte hou, maar my gedagtes keer dan terug na sy kollegas wat nog vasgevang is."

 ?? ??
 ?? ??
 ?? Photo: Jannie du Plessis ?? Delvin Safers
Delvin se ouers, Deon en Delmarie by die Georgestad­saal.
Photo: Jannie du Plessis Delvin Safers Delvin se ouers, Deon en Delmarie by die Georgestad­saal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa